Verskil tussen weergawes van "George Bradshaw"

k
k (Geboorte- en sterftejaarkategorieë bygevoeg)
Etiket: 2017-bronwysiging
In Junie 1847 het die eerste uitgawe van ''Bradshaw's Continental Railway Guide'' verskyn wat die roosters van spoorwegmaatskappye op die Europese vasteland verskaf het. Die gids het gaandeweg sterk in omvang gegroei en uiteindelik meer as 1 000 bladsye beslaan, insluitend roosters, 'n reisgids-afdeling en 'n hotelgids. Die publikasie is in 1914 met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog gestaak. Ná die oorlog is dit 'n tyd lank hervat. Die laaste uitgawe het in 1939 verskyn. 'n Faksimile van die 1913-uitgawe is in September 2012 gepubliseer. Naas die gedrukte versie het ook 'n e-boek verskyn wat die volledige teks en 'n klein deel van die oorspronklike advertensies behels.
 
== ''Great British Railway Journeys/Great Continental RailwayRailroad Journeys'' ==
Die Britse joernalis en televisiepersoonlikheid [[Michael Portillo]] het 'n uitgawe van een van Bradshaw se gidse (veral die 1863-uitgawe van ''Bradshaw's Descriptive Railway Hand-Book of Great Britain and Ireland'') vir sy televisiereeks ''Great British Railway Journeys'' gebruik. In hierdie dokumentêr, wat deur ''BBC Two'' vervaardig en uitgesaai is, reis hy dwarsdeur Groot-Brittanje. Die eerste seisoen van die reeks is vroeg in 2010 gebeeldsaai, die tweede vroeg in 2011 en 'n derde vroeg in 2012. 'n Vierde reeks het vroeg in 2013 gevolg.
 
In laat 2012 is 'n spesiale reeks, ''Great Continental Railway Journeys'', gebeeldsaai waarin Portillo vir sy reeks van spoorwegreise deur verskillende Europese lande en gebiede gebruik maak van die 1913-uitgawe van ''Bradshaw's Continental Railway Guide''. Dit is opgevolg deur ''Great American Railroad Journeys'' en ''Great Indian Railway Journeys'' gevolg.
 
== Verwysings ==