Verskil tussen weergawes van "Lyfland"

4 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
(→‎Na die Eerste Wêreldoorlog: Verwyder duplikaat)
 
=== Na die Eerste Wêreldoorlog ===
Omdat Lyfland geen uniforme etniese bevolking gehad het, maar hoofsaaklik deur Estoniers en Lette met 'n Duitssprekende minderheid bewoon is, is dit na in1918 na die einde van die [[Eerste Wêreldoorlog]] in Estland en Letland verdeel. Die streek wat aan Estland toegeken is het geen eie naam gehad nie, terwyl die streek wat aan Lettland toegeken is ''Vidzeme'' (vertaalbaar met ''die middelland'') genoem word – vandaar die verdere vernouing van die begrip Lyfland in die onlangse tyd, waar Lyfland en Vidzeme gelykgestel word.
 
Die groot landgoedere van die Duitssprekende adel is na die oorlog opgebreek en is die grond aan die Estniese en Lettiese meerderheid toegeken. Omdat die Duitssprekende minderheid daardeur 'n groot gedeelte van sy ekonomiese basis ontneem is, het 'n groot gedeelte van die minderheid wat oorleef het in daardie tyd Duitsland toe geëmigreer. Estnies en Letties is as amptelike tale van die onderskeie nuwe lande erken.