Verskil tussen weergawes van "Industriële Revolusie"

geen wysigingsopsomming nie
k (Kategorieë gealfabetiseer)
Teen die somer van 1858 was die stad gehul in die sogenaamde "Groot Stank". Die Teems het so erg begin stink dat duisende Londenaars uit die stad gevlug het. Selfs die parlement moes naderhand as gevolg van die stank sluit.
 
Die herhaalde uitbrake van siektes en ondraaglike reuke het die stadsvaders gedwing om nuwe riole te bou en die stad se water te beskerm. Die enorme herontwerpte rioolstelsel van Londen het as model gedien vir stadsbeplanners regoordwarsoor Europa, Amerika en elders. Hoewel epidemies en oorbevolkte agterbuurte die dryfveer was, het Engeland die leier op die gebiede van stedelike beplanning en openbare gesondheid geword.
 
== Die uitbreiding van die Industriële Revolusie ==
Die Industriële Revolusie het na ander lande soos Amerika, Frankryk en [[Duitsland]], mettertyd na [[Japan]] en [[Rusland]] en naderhand regoordwarsoor die wêreld versprei. Engeland het ongetwyfeld die voortou geneem, en as gewese kolonies of protektorate in die Britse invloedsfeer sou die lande van [[Suider-Afrika]] (veral [[Suid-Afrika]]) deeglik daardeur beïnvloed word. Suid-Afrika kon byvoorbeeld myne ontwikkel met die masjiene wat deur die Industriële Revolusie moontlik gemaak is. Die Industriële Revolusie het ook die lewenstandaard van die gewone mens verhoog.
 
==Verwysings==
12 318

wysigings