Verskil tussen weergawes van "J.R.R. Tolkien"

k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
Anders as so baie van sy tydgenote, sluit Tolkien hom nie dadelik by die leër aan nie, maar gaan studeer hy verder aan Oxford, waar hy in 1915 'n graad in die eerste klas verwerf.
 
Uiteindelik word hy gestuur om aktiewe diens aan die Westelike Front te verrig. Ná vier maande in en uit die loopgrawe, word hy 'n slagoffer van "loopgraaf-koors", 'n tifus-agtige infeksie wat volop voorkom in [[Higiëne|onhigiëniese]] toestande. Hy word na Engeland teruggestuur, waar hy 'n maand lank in die hospitaal in Birmingham deurbring. Daar herstel hy darem sodanig dat hy hom by Edith in Great Haywood, Staffordshire, kan aansluit.
 
Maar regdeur 1917 en 1918 pak die koors hom telkens weer. Gelukkig is hy tussendeur gesond genoeg om tuisdiens in verskillende kampe te verrig en daardeur tot luitenant bevorder te word.