Verskil tussen weergawes van "Strangford Lough"

k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
[[Lêer:The_view_from_Scrabo_(5)_-_geograph.org.uk_-_1295670.jpg|duimnael|Die [[Scrabo-toring]] bied 'n uitsig oor Newtownards en Strangford Lough]]
[[Lêer:Nendrummonastery.jpg|duimnael|Die Nendrum-klooster se [[ruïne]]: kloosterkerk en ronde toring]]
'''Strangford Lough''' (afgelei van [[Oudnoors]] ''Strangr Fjörðr'', "groot see-inham") is 'n groot see-inham (of [[loch|see-loch]]) in die graafskap Down in die ooste van [[Noord-Ierland]]. Met 'n oppervlak van 150 km<sup>2</sup> is dit die [[Britse Eilande]] se grootse see-inham. Die inham word byna volledig omsluit deur die [[Ards-skiereiland]] en word net deur 'n lang nou [[seestraat]] met die [[Ierse See]] se [[Noordkanaal]] ([[Engels]]: ''North Channel'') verbind. Die see-inham is sowat 16 myl of 26 km lank en 4 myl (6 km) wyd. Die gebied is al duisende Jahrejare bewoon, soos uit argeologiese vondse blyk. Mesolitiese jagters en versamelaars het hul spore langs Strangford Lough gelaat, net soos Sint Patrick, [[Wikings]] en Anglo-Normandiese veroweraars.
 
Gedurende die [[Middeleeue]] en die vroeë moderne tydperk het die inham onder sy [[Iers-Gaelies|Ierse]] naam Loch Cuan bekend gestaan wat "see-inham van baaie/hawens" beteken. Vandag is Strangford Lough danksy sy natuurskoon en ryk fauna 'n gewilde toeristetrekpleister. Die belangrikste nedersettings langs sy oewers sluit Killyleagh, Comber, [[Newtownards]], Portaferry en [[Strangford]] in. Die twee laasgenoemdes word deur 'n motorveerboot met mekaar verbind.