Jan Carel Erasmus: Verskil tussen weergawes

geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe bladsy geskep met '{{Inligtingskas Predikant | Naam = Ds. Jan Carel Erasmus | Beeld = | Beeldbeskrywing = Ds. Jan Carel Erassus | Beeldon...')
 
No edit summary
| Geboorteplek = [[Ellisras]], [[Transvaal]]]
| Sterftedatum = {{SDEO|1946|12|30|2013|3|5}}
| Sterfteplek = [[KLerksdorpKlerksdorp]], [[Noordwes]]
| Kerkverband = [[Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika|Gereformeerd]]
| Gemeente = [[Gereformeerde kerk Keetmanshoop|Keetmanshoop]] [[1972]]–[[1974]]<br> [[Gereformeerde kerk Delareyville|Delareyville]] [[1974]]–[[1978]]<br> [[Gereformeerde kerk Vryburg|Vryburg]] [[1978]]–[[1984]]<br> [[Gereformeerde kerk Zeerust|Zeerust]] [[1984]]–[[2010]]
Ds. Laufs skryf die jong man van Ellisras se bosveld het spoedig begin swoeg met die voorstudie van [[Grieks]], [[Hebreeus]] en [[Latyn]], "maar hy het hom uit die staanspoor bewys as iemand wat nie sommer gou onder gekry word nie".
 
Erasmus se grootste uitdaging was die probleem met sy sig, waarvan dik brillensebrilglase getuig het. Tog het dit algaande begin verbeter en later in sy lewe het hy danksy nuwe lasertegnologie glad nie langer ’n bril nodig gehad nie. "Dit was vir ons ou vriende nogal 'n proses om hom – ná al die jare met die bril – daarsonder gewoond te raak," skryf ds. Laufs.
 
Vanweë die aanvanklike verbetering in sy sig kon hy reeds op universiteit weldra die stoeiklub vir die tennisklub verruil, 'n sport wat hy lewenslank met oorgawe en groot genot beoefen het. "Menige sinodesitting was hy die dryfkrag om ons soggens om vyfuur op te kommandeer vir 'n vinnige paar stelle tennis," skryf ds. Laufs, "sodat ons weer met nuwe frisheid die dag se harde werk kon aanpak."
 
== Gemeentebediening ==
Prop. Eramsus in 1972 bevestig in die kombinasie-gemeente [[Gereformeerde kerk KeetsmanshoopKeetmanshoop|Keetmanshoop]]/[[Gereformeerde kerk Karasburg|Karasburg]] in die destydse Suidwes-Afrika. Met sy blinknuwe Italiaanse motortjie en net die meubels van 'n enkellopende, het hy die [[pastorie]] op [[Keetmanshoop]] betrek. "Toe ek en my vrou hom in Juliemaand van daardie jaar op Keetmanshoop besoek," vertel ds. Laufs, "wys hy ons met trots sy 'gastekos' op die yskas: drie groot Tupperbakke boordens toe vol met biltong, duidelik gemerk: Koedoe, Gemsbok en Springbok.
 
"Gedurende hierdie kuiertjie het ek hom telkens gedruk in die rigting van die feit dat sy huis nog nie 'n pastoriemoeder het nie. Hy meld later van die aanvallige swartkop-onderwyseres in die koshuis op Karasburg en met aanmoediging bel hy haar die volgende aand uit die studeerkamer van Keetmanshoop."
85 924

wysigings