Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

318 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
Wysigings deur 27.34.18.123 teruggerol na laaste weergawe deur K175
[[Lêer:Benito Mussolini and Adolf Hitler.jpg|thumb|links|upright|Benito Mussolini (links) en Adolf Hitler (regs)]]
[[Lêer:Reichsparteitagnov1935.jpg|thumb|links|upright|Troepe masjeer verby Hitler]]
'''Adolf Hitler''' (* [[20 April]] [[1889]] in [[Braunau am Inn]], [[Opper-Oostenryk]], † [[30 April]] [[1945]] in [[Berlyn]]) was 'n politikus wat tussen 1934 en 1945 leier van die gewilde Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty (die Nazi-party) was. In die [[Eerste Wêreldoorlog]] was hy 'n Oostenrykse soldaat in die [[Beiere|Beierse]] (Duitse) krygsmag. In 1925 het Hitler vrywillig afgesien van sy Oostenrykse burgerskap, en in 1932 is danksy die hulp van [[Rudolf Heß]] Duitse burgerskap aan hom toegestaan. Op [[30 Januarie]] [[1933]] is hy ingesweer as kanselier van Duitsland en in 1934 het hy ook die titel ''Führer'' (leier) van [[Nazi-Duitsland]] bygekry. Hy het politieke voordeel getrek uit die ekonomiese krisis wat Duitsland tydens die [[Groot Depressie]] vanaf 1929/1930 deurgemaak het. Sy bedeling was verantwoordelik vir die dood van 'n beraamde twintig miljoen mense en ontelbaar baie se verskuiwing. Hitler, 'n begaafde spreker, word gesien as een van die invloedrykste en gevaarlikste [[leierskap|leiers]] van die [[20ste eeu]]. Hitler se pogings om die Duitse grondgebied deur politieke druk en militêre optrede uit te brei, wat begin het met die inname van [[Pole]] in [[1939]], was een van die aanleidende faktore van die [[Tweede Wêreldoorlog]]. Teen die einde van die oorlog het hy en sy gade in die [[Berlyn]]se ''Führerbunker'' selfmoord gepleeg.
 
==Herkoms en jong lewe==
28 781

wysigings