Verskil tussen weergawes van "Possession (Byatt-roman)"

k
tydperk
(Saadjie geskep)
 
k (tydperk)
'''''Possession: A Romance''''' is 'n topverkoper roman deur die skrywer [[A.S. Byatt]] wat die eerste keer in 1990 gepubliseer is. Dit het die [[Booker-prys]] in daardie jaar gewen. Hierdie roman ondersoek die [[Postmodernisme|postmodernistiese]] belange van soortgelyke romans, 'n groep romans wat algemeen as historiografiese [[metafiksie]] bekend staan.
 
Die roman se intrige volg twee hendendaagse akademici, soos wat hulle al die leidrade volg omtrent 'n onbekende liefdesverhouding tussen twee fiktiewe [[Victoriaanse tydperk|Victoriaanse]] digters, Randolph Henry Ash en Christabel LaMotte. Die roman speel dus af in beide die 1980s en die Victoriaanse eratydperk.
 
''Possession'' se struktuur inkorporeer 'n verskeidenheid style van letterkunde, insluitend fiktiewe briewe, dagboekinskrywings, gedigte en literêre kritiek. Die roman se titel weerspiëel een van die storie se sentrale tematiese belange, naamlik die besitlikheid (possession) wat geliefdes teenoor mekaar voel, die besitlikheid wat versamelaars van geskiedkundige artefakte teenoor daardie besittings voel, en die besitlikheid wat biograwe teenoor die persone wie se lewens hulle navors, voel.
604

wysigings