Verskil tussen weergawes van "Kassel"

13 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
'''Kassel''' (tot en met [[1926]] amptelik ''Cassel'') is die derde grootste stad in die [[Duitsland|Duitse]] deelstaat [[Hesse]] ná [[Frankfurt am Main]] en [[Wiesbaden]].
 
Kassel het vanaf 1277 as administratiewe setel van die Landgraafskap Hesse gedien en tussen 1567 en 1803 as hoofstad van die Landgraafskap Hesse-Kassel en die Keurvorstedom Hesse (tot 1866). Verskeie residensies en kastele dateer uit dié tydperk, waaronder die ''Orangerie'' in de baroktuin Karlsaue en die kasteel Wilhelmshöhe, geleë in die Bergpark Wilhelmshöhe - 'n landskapstuin in die barokstyl wat vanaf 1693 volgens 'n idee van die landgraaf van Hese-Kassel ontstaan het en deur [[Unesco]] sedert 2013 as [[Wêrelderfenisgebied|wêrelderfenis]] gelys word.<ref>[http://www.unesco.de/kultur/2013/uho-6-2013-welterbe-kassel.html ''Deutsche UNESCO-Kommission, Juni 2013: Kasseler Bergpark Wilhelmshöhe ist UNESCO-Weltkulturerbe. Besoek op 21 Maart 2018'']</ref> Die stad is tans die administratiewe sentrum van die distrik Kassel en die ''Landkreis'' (munisipaliteit) Kassel.
 
Die stad het internasionale bekendheid verwerf met die kunsuitstalling [[documenta]] wat sedert [[1955]] elke vier of vyf jaar hier gehou word. Sedert [[Maart]] [[1999]] dra Kassel ook die amptelike bynaam ''documenta-Stadt''. Die plaaslike universiteit is in 1971 gestig.