Verskil tussen weergawes van "Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812"

k
geen wysigingsopsomming nie
k (Kategorieë gealfabetiseer)
k
Die hoofoorsaak van die oorlog het gespruit uit die VSA se begeerte om neutraal te staan ten opsigte van die [[Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland|Verenigde Koninkryk]] se konflik met [[Frankryk]] onder [[Napoléon Bonaparte]]. Brittanje wou hierdie reg nie erken nie en het 'n handelsboikot teen die VSA ingestel om veral sy handel met Frankryk in die wiele te ry. Ander bydraende faktore was die Britte se militêre steun aan Indiaanse stamme wat die uitbreiding van die Amerikaanse staat in die Noordweste teengestaan het.
 
In [[Kanada]] word die oorlog beskou as 'n suksesvolle verweer teen die anneksie deur die VSA, wat tot 'n groei van die nasionale [[bewussyn]] en die gevoel van gemeenskap in die Britse en Franse bevolking gelei het. In teenstelling daarvan beskou die VSA die oorlog as 'n verdediging van sy onafhanklikheid en 'n verweer teen 'n nuwe verowering deur die voormalige koloniale mag [[Groot-Brittanje]]. Die oorlog was ook die laaste een, waarin die inheemse bevolking 'n belangrike rol gespeel het.
 
Tydens die oorlog het die Britte daarin geslaag om die [[Withuis]] aan die brand te steek.
15 147

wysigings