Verskil tussen weergawes van "New Age-beweging"

k
Ten einde die transformasie van die samelewing moontlik te maak, moet groepe individue die kosmiese energie ontvang en self eers daardeur verander en vernuwe word. Party praat selfs van die transformasie of evolusie van die mens as homo sapiens na homo universalis - die volmaakte "wêreldmens". Die energie moet dan weer deur hulle na ander oorgedra word totdat elke individu uiteindelik daardeur getransformeer is.
Sommige New Age-aanhangers glo die transformasieproses begin met die fisieke en psigologiese genesing van die individu. Hulle plaas heelwat klem op holistiese genesingspraktyke en terapie waardeur die mens na liggaam en siel genees en "skoongemaak" word van elemente wat die transformasieproses kan verhinder.
Vir die meeste New Age-aanhangers begin hul transformasie egter met 'n geestelike "ontwaking" wat gewoonlik 'n radikale nuwe "holistiese" [[wêreldbeskouing]] insluit. Dit behels grootliks dat 'n "kosmiese bewussyn" gekweek word waar die individu se denke deel word van die "kollektiewe [[bewussyn]]" (God-in-almal - sien "God of gode") en hy of sy fokus op dit wat in daardie stadium vir die kollektiewe bewussyn belangrik is (sien "Holistiese genesing en geestelike transformasie"). Aanhangers glo dat hulle deur dié proses hul volle potensiaal as mense kan bereik deur onder meer nuwe kennis en wysheid, sowel as psigiese en genesingskrag te bekom en "in voeling" met die ganse heelal te leef.
* [[Reïnkarnasie]] en sonde
New Age-aanhangers glo in die Oosterse beginsel van reïnkarnasie, waarvolgens 'n mens se siel in 'n herhaalde siklus ná sy dood in 'n volgende liggaam gebore word. Hierdie siklus word eers beëindig wanneer die persoon totale "verligting" (Engels: "enlightenment") bereik - 'n verhoogde toestand van volmaakte eenheid met die "godheid" wat ook nirvana genoem word.
18 735

wysigings