Verskil tussen weergawes van "Grumman F-14 Tomcat"

geen wysigingsopsomming nie
("Iran"-deel ingewerk uit Nederlands)
 
Volgens onbevestigde bronne, was 20 van die 79 Iranse F-14's steeds lugwaardig in 1993. Die ander vliegtuie sou vir onderdele gebruik word. Die vliegtydskrif ''Flight International'' van September 1999 het egter aangedui dat Iran deur middel van Russiese hulp en tegnologie 'n groot aantal F-14 se lugwaardigheid behou het. Die vliegtuig was toegerus met 'n nuwe (Russiese) radar, enjins en 'n glaskajuit. Hierdeur het Iran 'n aansienlike F-14 krag tot in 2008 behou.
 
== Die operasionele toedeling van Amerikaanse F-14-eskaders ==
Alle vliegtuie was in twee operasionele vleuels verdeel: die ''Pacific Fleet Fighter Wing'' (PFW) en die ''Atlantic Fleet Fighter Wing'' (AFW). Die vleuls is toegeken aan ''Carrier Battle Groups'', vormings van oorlogskepe met 'n sekere patrolliegebied met 'n ''Carrier Vessel'' (CV) - 'n vliegtuigdraer - as 'n bevelskip. Die totale getal van al die vliegtuie aan boord van 'n vliegtuigdraer is aangewys as die ''Carrier Vessel Wing'' (CVW). Die [[eskader]] aanwysing van die afsonderlike Tomcat-eenhede was die aanduiding ''Vessel Fightersqn'' (VF).
 
In vredestyd was ongeveer 40% van alle vliegtuie toegedeel aan CVW's ter see; die res was beskikbaar vir opleiding en instandhouding by ''Naval Air Stations'' (NAS). (NAS is die aanwysing vir 'n vlootbasis.)
 
=== Toedeling van Tomcats wat deel uitgemaak het van die Stille Oseaan-vloot ===
 
== Tegniese gegewens ==
86 141

wysigings