Verskil tussen weergawes van "David Cameron"

300 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (Geboorte- en sterftejaarkategorieë bygevoeg)
k
Etiket: 2017-bronwysiging
 
David Cameron het [[filosofie]], [[politiek]] en [[ekonomie]] by die [[Universiteit van Oxford]] se Brasenose-kollege gestudeer waar hy in 1988 'n eersteklasgraad verwerf het.<ref>[https://www.gov.uk/government/people/david-cameron ''gov.uk: The Rt Hon David Cameron MP - Biography. Besoek op 26 Junie 2016'']</ref> Hy word beskou as 'n moderne liberale lid van die [[Konserwatiewe Party (Verenigde Koninkryk)|Konserwatiewe Party]].
[[Lêer:First Lady Michelle Obama and Samantha Cameron, wife of British Prime Minister David Cameron.jpg|duimnael|links|David Cameron se eggenote Samantha saam met die Verenigde State se Eerste Dame Michelle Obama in die Britse premier se privaat woning in Downingstraat 10, Londen, op 24 Mei 2011]]
 
In 1997 het hy in die kiesafdeling Stafford vir die eerste keer as Euro-skeptiese konserwatiewe kandidaat vir die Britse Laerhuis gestaan. Maar eers in die algemene verkiesing van 2001 het hy daarin geslaag om 'n setel te verower, hierdie keer in die kiesafdeling Witney. Twee jaar later is hy bevorder tot die amptelike opposisie se parlementêre voorbank. Hy het vinnig in sy politieke loopbaan gevorder en is gedurende die verkiesingsveldtog van 2005 en 2006 as hoof van beleidskoördinasie van die Konserwatiewe Party benoem. Sy openbare beeld van 'n jeugdige en gematigde kandidaat, wat veral by jong kiesers aanklank gevind het, het bygedra tot sy verkiesing as partyleier in 2005.