Verskil tussen weergawes van "Chris Chameleon"

4 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Ongeldige bron (vetseun) verwyder)
}}
 
'''Chris Chameleon''' (1971-) is 'n [[Suid-Afrika]]anse sanger, akteur en liedjieskrywer. Hy is op 28 Julie 1971, as Chris Mulder in [[Johannesburg]] gebore. Hy het in [[1989]] begin optree toe hy die eerste [[Dalro]]- Nasionale Akteurskompetisie gewen het. In die volgende vyf jaar het hy in meer as 20 televisiereekse gespeel. Hy was ook die hoofsanger van 'n musiekgroep met die naam Blue Chameleon, waarna hy [[Nederland]] toe is om daar vir 'n teatermaatskappy te werk.
 
In [[1996]] het hy na [[Suid-Afrika]] teruggekeer en twee jaar lank agter die skerms as assistentregisseur gewerk. Aan die einde van [[1997]] het hy weer op die verhoog verskyn, as die voorman van die monki-punk-groep [[Boo!]]. Die groep het baie gewild geword, sowel in Suid-Afrika as in [[Europa]]. Ná 800 vertonings in sewe jaar in sewentien lande het hulle egter ontbind.