Verskil tussen weergawes van "Gewetensbeswaarde"

geen wysigingsopsomming nie
k (Kategorieë gealfabetiseer)
Baie gewetensbeswaardes is al tereg gestel, in die tronk gesit en op ander maniere gestraf wanneer hulle oortuigings gelei het tot optrede wat met hul gemeenskap se regstelsel of die regering gebots het. Die regsdefinisie en status van gewetensbeswaar wissel oor die jare en verskil van land tot land. Godsdienstige geloof was 'n beginpunt in baie lande om gewetensbeswaardestatus wetlik toe te ken.
 
Die eerste opgetekende gewetensbeswaarde was Maximilianus, wat in die jaar 295 vir diensplig in die Romeinse weermag opgeroep is, maar "het aan die prokonsul in [[Numidië]] gesê dat hy weens godsdienstige oortuigings nie in die leër kan diens doen nie". Hy is daarvoor tereggestel en is later heilig verklaar as sint Maximilian.<ref>{{cite web|url=http://www.ohchr.org/Documents/Publications/ConscientiousObjection_en.pdf|title=Conscientious objection to military service|author=The Office of the United Nations High Commissioner for Human Rights|date=2012}}</ref>
 
'n Vroeë erkenning van gewetensbeswaar is deur William die Stille gegun aan die Hollandse [[Mennonisme|Mennonietes]] in 1575. Hulle kon militêre diens weier in ruil vir monetêre betaling.<ref name="co">Robert Paul Churchill, "Conscientious Objection", in Donald K. Wells,
22 781

wysigings