Verskil tussen weergawes van "Joseph Louis Gay-Lussac"

k (Geboorte- en sterftejaarkategorieë bygevoeg)
[[Lêer:Gay-Lussac Aufstieg.jpg|duimnael|links|Ballonvlug]]
[[Lêer:GayLussacGrave.JPG|duimnael|links|Graf van Gay-Lussac in [[Père-Lachaise-begraafplaas|die Père Lachaise begraafplaas]] in Parys]]
Joseph Gay-Lussac se vader was 'n regter, met die naam Antoine Gay. 'n Nabygeleë kleinhoewe het die naam Lussac gehad. Joseph Louis Gay-Lussac was die oudste kind van die familie van sewe in 'n klein dorpie in die Franse provinsie van [[Limousin]]. In November 1794 is hy weg na Parys. Alhoewel baie studente as gevolg van die hongersnood terug na hulle ouerhuise gestuur is, kon Joseph as gevolg van sy goeie wiskundige vaardighede nog aanbly. In September 1797 hy het eers die Politechnikum (École Centrale des Travaux publics) en later die École Nationale des Ponts et Chaussées en het daar vir [[Claude Louis Berthollet|Claude-Louis Berthollet]] leer ken. In 1802 het hy répétiteur (dosent) in chemie by die École polytechnique geword en het 'n lesing in die Akademie van Wetenskappe gehou.
 
In daardie tyd was daar wetenskaplike belangstelling in die rigting van die magnetnaald, asook die samestelling van die lug in die hoër lae van die atmosfeer. In 1804 het die russiese Akademie van Wetenskappe in [[Sint Petersburg]] die eerste studies met behulp van ballonvlugte gedoen. Die Institut de France het Gay-Lussac en Jean-Baptiste Biot die opdrag gegee om ook met 'n ballon metings te doen.
22 781

wysigings