Verskil tussen weergawes van "Bethanie"

4 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k (→‎Geskiedenis: Wys nedersetting se koördinate, replaced: thumb| → duimnael|)
Die woonhuis, wat Schmelen in die dorp opgerig het, word as die eerste steengebou ter plaatse beskou, en dit is heel waarskynlik ook die oudste gebou in Namibië. Die ''Schmelenhaus'' is intussen tot nasionale monument verklaar en huisves 'n museum oor die sendelinggeskiedenis van Bethanie.
 
Eerw. Schmelen het met 'n Namavrou, Zara, getrou wat hom by die aanleer van die Namataal en die vertaling van dele van die [[Nuwe Testament]] behulpsaam was. Die sendingwerk was egter 'n moeilike taak. So het die [[Nama]] voortdurend rooftogte teen [[Herero]]'s uitgevoer, en baie van hulle het die Duitse sendeling met wantroue bejeën. Uiteindelik is hy selfs verantwoordelik gehou vir 'n langdurige droogte en 'n verwoestende [[sprinkaanplaag]]. Schmelen het sy afskeid geneem en Bethanie saam met sy vrou en vier kinders in 1828 verlaat. Enkele jare later is die plaaslike sendingstasie deur die [[Rynse Sendinggenootskap]] oorgeneem wat in 1859 'n kerk met twee torings in die dorp laat bou het.
 
Eerw. [[Hermann Kreft]] was die plaaslike Rynse sendeling vanaf Mei 1853. Hy het deur sy besliste optrede teen die Namakaptein David Christiaan soveel vertroue ingeboesem dat hy in die loop van 1856 as sendeling georden is. Met die inwyding van 'n nuwe kerk hier op [[26 Junie]] [[1859]] het dit gelyk asof sy harde werk met sukses bekroon is. Ongelukkig raak Christiaan aan drank verslaaf en baie volg sy voorbeeld na. Die werk is verder belemmer deur die oorloë tussen die Nama en die Herero, die swaar droogtes en 'n sprinkaanplaag. Die inwoners van Bethanie en omgewing moes dikwels met hul vee trek. 'n Gedeelte van die gemeente was ook ontevrede met Christiaan en trek noordwaarts na Grootfontein in die distrik [[Maltahöhe]]. Kreft gaan om hulle oor te haal om terug te keer, maar word ernstig siek en sterf.
4 414

wysigings