Verskil tussen weergawes van "Louisville, Kentucky"

k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
'''Louisville''' (ˈluːiːvɪl, ˈluːəvəl of ˈlʊvəl) is die grootste stad in die [[Verenigde State|Amerikaanse]] [[deelstaat]] [[Kentucky]] en die administratiewe setel van Jefferson County. Die stadsgrens stem sedert [[2003]] met dié van die ''[[county]]'' ooreen nadat die twee administratiewe eenhede tot 'n sogenaamde gekonsolideerde stad-county (''consolidated city-county'') saamgesmelt het. Louisville is net suid van die grens met die deelstaat [[Indiana]] oorkant die Ohiorivier geleë. Die bevolking was 741 096 volgens die sensus van [[2010]].
 
Die stad, wat ter ere van koning [[Lodewyk XVI van Frankryk]] Louisville genoem is, is in [[1778]] deur George Rogers Clark (1752–1818), 'n pionier en militaris in die [[Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog]], gestig as een van die vroegste nedersettings wes van die [[Appalache]]-bergreeks. Louisville het in die [[19de eeu]] tot 'n belangrike binnelandse hawestad gegroei en is vandag 'n kosmopolitiese nywerheidstad. Die stad word veral verbind met [[Whiskey (dubbelsinnig)|bourbon-whiskey]] (sowat 'n derde van die totale Amerikaanse produksie word hier gedistilleer) en die ''Kentucky Derby''-perdewedren wat jaarliks in Mei plaasvind en 'n halfmiljoen geesdriftige besoekers lok.<ref>''The Rough Guide to The USA''. London: Rough Guides 2014, bl. 434</ref>
 
== Verwysings ==