Verskil tussen weergawes van "Samniete"

17 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
[[Lêer:Carte_TroisGuerreSamnite_298avJC.png|duimnael|In groen die stamgebied van die Samniete in die tyd van die Derde Samnitiese Oorlog (298 v.C.)]]
 
Die '''Samniete''' was 'n Italiese volk wat omtrent 400 v.C. in die berge van suid-Italie gewoon het. Van alle volke het hulle die Romeinse Republiek die meeste teenstand gebied toe die Romeine hulle mag oor die skiereiland uitgebrei het. Die Samniete is in drie oorloeoorloë tussen 343 en 290 v.C. onderwerp.<ref name="Salmon">Samnium and the Samnites {{Outeur|Salmon, Julie Andrew, E. T. Salmon}} Cambridge University Press, 1967
ISBN 0521061857, ISBN 9780521061858</ref>
 
Meer inligtings kan in die ''Periplous'' van omtrent 350 v.C. gevind word. Sy outeur is nie heeltemal duidelik nie. Dit is soms aan Skylax van Karyanda toegeken. Die boek sê dat die Samniete selfs aan die weskus naas die Kampaniërs aangetref word en ook aan die ooskus. Dit verwys dalk na die ''Sabelli'' waarvan die Samniete net 'n deel was.<ref name="Salmon" /> Die hartland in die berge word gewoonlik ''Samnium'' genoem.
 
Die belangrikste Latynse bronne oor hierdie volk is [[Livius]] en Diodorus. Hulle wys dat reeds in 354 v.C. 'n Samnitiese Bond bestaan wat 'n verdrag met Rome gesluit het. Watter stamme van die Samniete hier presies aan deelgeneem het is minder duidelik. Daar was 'n noordelike stam, die ''Caraceni'' en hulle bure die ''Pentri''. Hulle was hooglanders. Ander groepe was die Hirpini en die Caudini.<ref name="Salmon" />
 
=== Eerste Samnitiese Oorlog ===
Die Samniete beleerbeleër die stad [[Capua]] in Kampanie in 343 v.C. en die stad vra Rome om hulp. Die stadSenaat verbreek sy verdrag met die Samniete en breek die beleeringbeleëring. Die oorlog eindig in 341 v.C. met Rome wat sy invloed oor Capua tot aan Napels uitbrei.<ref name="Brice">Warfare in the Roman Republic: From the Etruscan Wars to the Battle of Actium: From the Etruscan Wars to the Battle of Actium {{Outeur|Lee L. Brice}} ABC-CLIO, 2014, ISBN 1-61069-299-3, ISBN 978-1-61069-299-1</ref>
 
=== Tweede Samnitiese Oorlog ===
Die oorlog begin in 327 v.C. wanneer die Samniete teen die Romeinse kolonies in KampanieKampanië 'n opstand veroorsaak. Die enigste groot veldslag vind naby [[Lucera]] plaas (aan die ooskant van Samnium), waar die Romeine onder die juk moet deurloop wat hierdie mans verplig om nie opnuut diehul wapens op te neem nie. Hierdie Romeinse verlies word deur 'n wapenstilstand gevolg wat tot 316 v.C. duur. Hierna bou die Romeine die ''[[Via Appia]]'' om beter toegang te kry en stig kolonies. In 304 v.C. val hulle die sentrum van Samnium binne en vernietig die Samniete.<ref name="Brice"/>
 
=== Derde Samnitiese Oorlog ===
Die Romeine sluit in 298 v.C. 'n verbond met die Lucani wat suidelik van Samnium woon. Die Samniete sluit 'n groot bondgenootskap met die Etruskiërs, die Umbriërs en die Galliers in die noorde. Hulle wil almal die Romeinse magsuitbreiding stop. In 295 v.C. vind die Slag van Sentinum plaas, die grootste slag wat tot daardie tyd in Italië gebeur het. Rome ly groot verliese maar wen die slag en breek die bondgenootskap.<ref name="Brice"/>
 
== Verwysings ==
22 781

wysigings