Verskil tussen weergawes van "Samniete"

690 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
No edit summary
 
Oskies het sy eie skrif gehad, maar daar is min Samnitiese bronne. Hulle het dalk reeds stede geken en die stede en stamme het losse federasies gevorm om oorlog te voer en religieuse kultusse te versprei. Militêre nederlae het hierdie federasies verbreek en indiwiduele Samnitiese state het ontstaan. Oor die politieke instellings is min bekend. Daar was magistrate wat met ''meddix'' aangedui word en die ekwivalente van die Romeinse ''censor'',''aedilis'' en ''quaestor''. Hierdie laer amptenare wat Latynse name het, het waarskynlik 'n Romeinse oorsprong. <ref name="Farkas">[https://kclpure.kcl.ac.uk/portal/files/2928027/440508.pdf {{Outeur|Nikoletta Farkas}} Leadership among the Samnites and related Oscan speaking peoples between the fifth and first centuries BC. Proefskif 2006]</ref>
 
In Oskies is die nominatief enkelvoud ''meddís'' of ''meddíss''. Dit word as dikwels as ''m.'', ''med.'' of ''m d'' afgekort. Op Sisilië word die nominatief meervoud as μεδδειξ (''meddeix'') geskryf en in Lucanië word die lokatief enkelvoud μεδικιαι (''medikiai'') aangetref. Die woord is 'n samestelling van die Italiese stam *med- of *med-es wat ''reg'' beteken en die stam *dik- wat die werkwoord ''spreek'' verteenwoordig. Die betekenis sal oorspronklik dalk ''rigter'' gewees het, soos die [[rigters]] in die Bybel.
 
Daar was verskeie soorte ''meddices'':<ref name="Farkas"/>
#Die ''meddix tuticus'' verwys na die ''touta'' wat dalk volk beteken. Die amp was dalk soos die ''consuls'' van Rome, en is jaarliks verkies, maar daar was net een en nie twee nie.
#Die ''meddix campanus'' (''meddís [k]apv(ans)'') en ''meddix pompeianus'' (''medíkeís púmpaiianeís'') was dalk burgerlike landdroste
#Die ''meddix degetasius'' het in Nola die grense van grondbesit bepaal en boetes geïn.
#In Kampanië kom 'n ''meddix menerevius'' voor, wat met die Minerva-kultus verband hou.
 
Die kultus van [[Hercules]] was wydverspreid. 'n Bekende godin was [[Minerva]].
22 781

wysigings