Verskil tussen weergawes van "Samniete"

6 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
No edit summary
Hoewel die bondgenote verkry het wat hulle geëis het: Romeinse burgerregte, het Sulla wraak geneem vir die steun wat die Samniete aan sy rivaal Marius gegee het en 'n uitwissingspolitiek teen hulle gevolg.
 
Dit het die einde van die Samniete as aparte volk ingelei, maar hulle het tog groot invloed op die Romeinse staat gehad. Die Romeinse ''pilum'', ''scutum'', ''manipulum'' en die ''ius iurandi'' is van hulle afkomstig. Oor die oorsprong van die Gladiator-gevegte is daar twee teorieë: van die Etruske[[Etruskers]] enof van die Samniete, maar die Samnitiese afbeeldings uit die 4de eeu v.C. soos die graf VIII van die Andriuolo Nekropolis van Paestum wys nie net die gevegte nie, maar ook hulle bloedige verwondings. Die versierings in die fresco wys dat dit nie op die slagveld plaasgevind het nie. 'n Ander graf in Gaudio in Kampanie vertoon die moment dat 'n gladiator met 'n speer in sy gesig gedood word.<ref>[https://www.uleth.ca/dspace/bitstream/handle/10133/3499/Doberstein_William_MA_2014.pdf?sequence=1&isAllowed=y The Samnite legacy {{Outeur|William Doberstein}} Proefskrif Lethbridge 2014]</ref>
 
== Verwysings ==
22 781

wysigings