Verskil tussen weergawes van "Klaipėda"

1 144 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
 
In 1923 het Litause troepe die stad verower, tog het [[Adolf Hitler|Hitler]] Litaue in 1939 gedwing om Memel en sy omgewing, die [[Memelland]], weer aan die Duitse Ryk af te staan. Die stad is tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]] grotendeels verwoes, terwyl sy oorspronklike bewoners verdryf is. Ná die oorlog het immigrante uit verskillende dele van die [[Sowjetunie]] hulle hier gevestig, en tans is nog sowat 30 persent van die bevolking Russiessprekendes. Die Universiteit van Klaipėda is in 1990 gestig. Klaipėda is daarnaas die hoofkwartier van Litaue se oudste brouery.
 
== Geskiedenis ==
 
Die einde van die Tweede Wêreldoorlog het ingrypende uitwerking op die stad en sy identiteit gehad, en baie kulturele bande met die verlede is verbreek. Klaipėda was - ná die verwoestende bombarderings van Oktober 1944 en die Duitse Weermag se beleid van verskroeide aarde (Duitse magte het tydens hulle terugtog talle geboue opgeblaas) - teen die einde van Januarie 1945 niks meer as 'n "labirint van [[ruïne]]s" nie. Volgens opnames was 28 persent van alle geboue as gevolg van oorlogshandelinge vernietig, 'n verdere 36 persent ernstig beskadig. Die lang lys van verlore boukunswerke sluit die oudste kerke (die Gereformeerde, Jakobus- en Apostelkerk), die ou raadsaal en die sogenaamde ''Elefantenspeicher'' ("Olifantstoorhuis") - 'n groot vakwerkstoorhuis met 'n kenmerkende skilddak asook hele historiese buurte soos Bommelsvitte naby die hawe in. Groot getalle burgerlikes het die stad op 30 Julie 1945 verlaat.<ref> [http://www.bpb.de/geschichte/zeitgeschichte/geschichte-im-fluss/135621/stadt-der-zwei-namen ''Bundeszentrale für politische Bildung (bpb): Stadt der zwei Namen. Besoek op 26 Junie 2018'']</ref>
 
== Bevolking ==