Verskil tussen weergawes van "Smeltpunt"

5 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Rooi word blou!
k (Skakel Wikiwoordeboek using AWB)
(Rooi word blou!)
Die '''smeltpunt''' van 'n [[vastestof]] is die [[temperatuur]] waarteen dit vanaf 'n [[toestande van materie|vastetoestand]] na 'n [[vloeistof]] verander. Wanneer die toestandsverandering omgekeer word, m.a.w. waar die vloeistof na 'n vastestof verander word daarna as die '''vriespunt''' verwys.
 
Vir die meeste stowwe is die smeltpunt en vriespunte dieselfde. Die smelt- en vriespunt vir die [[chemiese element|element]] [[kwik]] is byvoorbeeld 234.32 [[kelvin]] (−38.83 [[Celsius|°C]]). Sekere stowwe het egter verskillende vastestof-vloeistof oorgangstemperature. [[Agar-agar]] smelt byvoorbeeld by 85 °C en stol tussen 32 en 40 °C; 'n verskynsel wat bekend staan as [[histerese]].
 
Anders as die [[kookpunt]], is die smeltpunt relatief onafhanklik van die [[druk]]. [[Grafiet]] is die materiaal met die hoogste bekende smeltpunt by atmosferiese druk (3948 kelvin).