Verskil tussen weergawes van "M.L. de Villiers"

Etikette: Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf
(→‎Simonstad: Skakel)
In 1919 neem hy 'n beroep aan na die NG gemeente Simonstad (vandag [[NG gemeente Vishoek]]). Die uitwerking van sy buitemuurse studie aan die [[Universiteit van Kaapstad]] se S.A. Musiekkollege op die harmoniese vorm van sy latere komposisies, veral in sy ''Vier Kunsliedere'', blyk duidelik. Sy blywendste prestasie bly egter dat hy, ná 'n mislukte eerste poging, in 1921 'n toonsetting maak van Langenhoven se ''[[Die Stem|Die Stem van Suid-Afrika]]'', wat later Suid-Afrika se amptelike Volkslied sou word en waarvan 'n Afrikaanse en 'n Engelse vers in die nuwe Suid-Afrikaanse Volkslied behoue gebly het.
 
Baie van sy ander komposisies word in die twintigerjare van die vorige eeu gepubliseer. Op Bedford het hy meesal sy eie woorde getoonset, maar nou maak hy op aandrang van die digter adv. [[Henry Fagan|H.A. Fagan]] veel meer gebruik van die digwerke van erkende digters soos [[Jan F.E. Celliers]], [[A.D. Keet]] en ander. In samewerking met sy neef P.K. de Villiers, wat vir tallose nuwe wysies in die ''Halleluja'' verantwoordelik was, publiseer De Villiers ook twee reekse skoolliedere wat jare lank groot aftrek kry. In 1930 tree hy uit die predikantsamp.
 
==Voltydse musikant==
109 145

wysigings