Verskil tussen weergawes van "Slag van Majuba"

4 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
→‎Majuba: die geveg: Ander Gorden se koppie~
k (Kategorieë gealfabetiseer)
(→‎Majuba: die geveg: Ander Gorden se koppie~)
 
== Majuba: die geveg ==
Hierna het Colley nog 2000 troepe van [[Newcastle, KwaZulu-Natal|Newcastle]] laat kom en die plan bedink om die berg Majuba te beset, vanwaar hy kon neerkyk op die Boere se stellings by Laingsnek. Die Britte het die berg gedurende die nag van [[26 Februarie]] uitgeklim. Daar was 405 Britse soldate op die berg, insluitend 171 van die 58ste Regiment en 141 van die 92ste Regiment (die ''92nd Highlanders''). Teen dagbreek om 04:30 is soldate rondom die kruin van die berg uitgeplaas. Die ''[[Gordon Highlanders]]'' het die noordelike en noordwestelike kruin beset, asook [[Gordon se koppie]] (''Gordon's Knoll''), een van drie koppies bo-op Majuba.
 
Daardie Sondagoggend het die Boere onmiddellik nadat hulle die Britse soldate op die berg gesien het, planne beraam om dit te bestorm. Generaal Nicolaas Smit, die bevelvoerder, het vrywilligers gevra en drie afdelings is gevorm onder leiding van kommandant [[Joachim Ferreira]], assistent-veldkornet [[Fanus Roos]] en assistent-veldkornet [[Danie Malan]]. Generaal Smit het opdrag gegee dat die manne bo 50 agter die rotse van die eerste plato moes bly skuil en na elke Engelsman wat sy kop oor die boonste rand uitsteek, moes skiet. Dit het dit moontlik gemaak vir die res van die Boere om onder vuurdekking tot reg onder die kruin te kom, wat hulle net voor die middaguur, na 'n klim van ses uur, bereik het.