Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

Theron het naas die Oscar ook 'n Golden Globe-toekenning ontvang vir dié rol en is in 2004 saam met Sandino Moreno aangewys as die Beste Aktrise by die Berlynse Rolprentfees. (Moreno het die toekenning gedeel vir haar rol in ''Maria Full of Grace''.) Theron het ook 'n Screen Actor’s Guild-toekenning en verskeie pryse wat deur kritici uitgeloof word, ingepalm. Boonop het sy in ''Monster'' nie net voor die kameras gewerk nie, maar ook as vervaardiger opgetree.
 
Ná haar oorwinning by die Oscar-aand het Theron ’n kort besoek aan haar geboorteland gebring, waar sy onderhoude met onder meer president [[Thabo Mbeki]] en oud-president [[Nelson Mandela]] gehad het, 'n liefdadigheidsbal bygewoon het en aangekondig het dat sy gaan help om 'n laboratorium in te rig waar [[DNS]]-toetse gedoen word om verkragtingsake vinniger af te handel. Sy het voorheen in 'n omstrede advertensieveldtog teen die verkragting van vroue in [[Suid-Afrika]] opgetree.
 
== Verwysings ==
103 710

wysigings