Verskil tussen weergawes van "Operasie Gomorrha"

51 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Die Operasie Gomorrha het vyf nagtelike bomaanvalle behels wat deur die Britse ''Royal Air Force'' uitgevoer is, asook twee Amerikaanse lugaanvalle wat deur die [[Amerikaanse Lugmag|USAAF]] bedags uitgevoer is.
 
Die lugaanvalle het snags op die nag van [[24 Julie]] [[1943]] begin toe Hamburg deur 791 Britse [[bomwerper]]s aangeval is. Die Britte het in hierdie nag sogenaamde ''windows'' (dun strepies stanniool- of tinfoelie met 'n lengte van 24,8 en 'n wydte van 2 sentimeter) oor die stadsgebied afgewerp wat die Duitse lugafweer se radarstelsel nutteloos gemaak het.<ref>Schütt, Ernst Christian: ''Chronik Hamburgs''. Dortmund: Chronik Verlag 1991, bl. 484</ref> Die mikpunt van die aanval was die St.-Nikolai-kerk in die middestad, maar as gevolg van foutiewe merkers is 'n uitgestrekte gebied deur die aanval geraak. Nogtans het grootskaalse brande in die binnestad in Hoheluft, Eimsbüttel en Altona uitgebreek. Ook 'n aantal voorstede in die noordweste is deur die lugaanval geraak. Die lugbeskermingsdiens het die aantal slagoffers wat gedood is op sowat 1&nbsp;500 mense beraam.<ref>Brunswig, Hans: ''Feuersturm über Hamburg''. Stuttgart 1978, bl. 206</ref>
 
In die namiddag van 25 Julie het 40 Amerikaanse bomwerpers teikens in die seehawe van Hamburg aangeval. 'n Aantal [[skepe]] is gesink en sommige ruoliefabrieke[[ruolie]]<nowiki/>fabrieke getref.
 
SmiddagsOp opdie middag van 26 Julie het 71 Amerikaanse bomwerpers nog eensweereens teikens in die hawegebied gebombardeer en onder meer die kragsentrale Neuhof getref. As gevolg van die twee Amerikaanse aanvalle het sowat 150 mense hulle lewens verloor.<ref>Brunswig (1978), bl. 210</ref>
 
Die vierde aanval, wat snags op die nag van 26 Julie deur ses Britse [[De Havilland Mosquito]]-vliegtuie uitgevoer is, was sogenaamde steuringsaanvallesteuraanvalle wat slegs klein skade berokken het.
 
Die tweede groot Britse lugaanval snags op die nag van 27 Julie is egter deur 739 bomwerpers uitgevoer. Die hoofmikpunt van die bombarderings was buurte wat oos van die binnestad geleë was. As gevolg van die ongewone weerstoestande in Hamburg het die grootskaalse brande 'n vuurstorm ontketen. Orkaansterkte-winde, wat oor die grond gewaai het, het die woedende brande vinnig laat versprei en buite beheer laat raak. Die stadsbuurte Rothenburgsort, Hammerbrook en Borgfelde is volledig verwoes, en ook in Hamm, Eilbek, Hohenfelde, Barmbek en Wandsbek is grootskaalse skade berokken. Sowat 30&nbsp;000 mense het hul lewens verloor.
 
Die derde groot Britse lugaanval snags op die nag van 29 Julie is deur 726 bomwerpers uitgevoer, en veral die stadsbuurte Barmbek, Uhlenhorst en Winterhude is deur die bombarderings geraak. Ondanks die grootskaalse brande en die feit dat Barmbek net soos Hammerbrook digbevolk en dig beboud was is hier geen vuurstorm ontketen nie. Die presiese aantal slagoffers is nie bekend nie en word op sowat 1&nbsp;000 mense beraam.<ref>Brunswig (1978), bl. 259</ref>
 
Die sewende en laaste groot aanval is snags op die nag van 2 Augustus deur 740 Britse bomwerpers uitgevoer. Vanweë 'n [[donderstorm]] wat oor Hamburg gewoed het kon die bombarderings nie doelgerig uitgevoer word nie. Ondanks 'n aantal groter brande (byvoorbeeld in die Staatsoperahuis van Hamburg) is daar geen grootskaalse brandskade berokken nie. Die aantal slagoffers is nie bekend nie, maar was waarskynlik duidelik kleiner as dié van die eerste of derde groot Britse lugaanval.
 
==Aanvalstegniek==
83 404

wysigings