Verskil tussen weergawes van "Fantasieroman"

143 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
'n Eensame held, wat 'n teenstander met bonatuurlike kragte die hoof moet bied, staan sentraal binne die subgenre van lae fantasieromans. Hierdie formaat het sy oorsprong in verhale wat in tydskrifte, sogenaamde ''pulp magazines'', gepubliseer is en veral tussen die 1930's en 1950's gewild geraak het. Besondere kenmerke is 'n eenvoudiger vertelstruktuur met 'n meer dinamiese, aksiegelaaide handeling wat gerig is op die leesgewoontes van volwasse manlike teikengroepe. Werke van H.P. Lovecraft val dikwels in hierdie kategorie.
 
'n Tweede stroming binne die subgenre van lae fantasieliteratuur, wat hoofsaaklik aanklank by volwasse vroulike lesers vind, is pseudohistoriese fantasieromans wat in 'n reële of fiktiewe historiese wêreld afspeel. Fantasiewesens en magiese kragte speel 'n ondergeskikte rol in hierdie formaat wat sy wortels onder meer in Middeleeuse Artusepiek het. Bekende verteenwoordigers is Marion Zimmer Bradley met haar ''Avalon''-romanreeks en Diana Gabaldon wat sukses behaal het met haar ''Outlander''-reeks.<ref>[http://www.flyfiction-fantasy-verlag.de/fantasy-genres.html ''Flyfiction Fantasy Verlag: Fantasy Genres. Besoek op 16 Julie 2018'']</ref>
 
=== Stedelike of kontemporêre fantasie ===