Verskil tussen weergawes van "Broers Grimm"

12 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
[[Lêer:Grimm.jpg|thumb|right|250px|Dubbelportret van die broers [[Wilhelm Grimm]] (links) en [[Jacob Grimm]] deur [[Elisabeth Jerichau-Baumann|Elisabeth Maria Anna Jerichau-Baumann]], 1855]]
 
'''Jakob Grimm''' (1785-1863) en sy broer''' Wilhelm''' (1786-1859) was Duitse taal- en letterkundiges wat 'n lewe lank saamgewerk en in die hele Westerse wêreld bekend geword het met twee versamelings van volkssprokies wat tradisioneel mondeling oorgelewer is. Danksy hulle versamelwerk is sprokies soos Sneeuwitjie en Hansie en Grietjie vir die eerste skriftelik gedokumenteer. Die broers het hierdie versamelwerk as 'n stokperdjie gedoen en nooit verwag om daarmee kommersiële sukses te behaal nie.
 
Die broers, veral Jakob, het historiese taalkunde as hul eintlike vakgebied beskou en ʼn groot bydrae op die gebied van taalnavorsing gelewer. Al het die broers volgens die wens van hul vader in die regte gestudeer, het hulle uiteindelik navorsing oor die oorspronge van die Duitse taal as hul lewenswerk gedoen. Hulle word as die grondleggers van die Germanistiek as wetenskap van die Duitse taal en letterkunde beskou.