Verskil tussen weergawes van "Galata-toring"

10 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (Wys koördinate)
k
 
== Geskiedenis ==
Die toring is in 1348 as "Christea Turris" gebou tydens die uitbreiding van die [[Genua|Genuese]] kolonie in [[Konstantinopel]]. Dit was die hoogste punt van die versterkingsmure om die Genuese Galata-vesting. Die boonste deel met sy [[Keël|keëlvormige]] punt is verskeie kere verander tydens retourasiewerk in die [[Ottomaanse Ryk|Ottomaanse]] tydperk toe dit gebruik is as ’n uitkyktoring om brande te sien.
 
In 1794, tydens die bewind van sultan [[Selim III]], is die dak van lood en hout en die trappe erg in ’n brand beskadig. Nog ’n brand het die toring in 1831 beskadig, waarna dit weer gerestoureer is. In 1875, tydens ’n storm, is die keëldak verwoes en die toring het vir die res van die Ottomaanse tydperk ’n ronde dak gehad.