Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

Geen grootteverandering nie, 1 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
'''Jules Henri Poincaré''' (29 April 1854 – 17 July 1912) was 'n Franse [[Wiskunde|wiskundige]], [[Teoretiese fisika|teoretiese fisikus]], ingenieur, en [[Wetenskapsfilosofie|wetenskapsfilosoof]]. Hy word dikwels beskryf as 'n polimaat aangesien hy op alle terreine van die dissipline uitgeblink het.
 
As 'n wiskundige en fisikus het hy veletalle oorspronklike en fundamentele bydraes gelewer tot suiwer- en [[toegepaste wiskunde]], [[wiskundige fisika]] en [[sterremeetkunde]]. Hy het een van die bekendste onopgeloste probleme in wiskunde, die [[Poincaré stelling]] formuleer. Die is eers in 2003 deur [[Grigori Perelman]] opgelos. In sy navorsing oor die drie-liggaam probleem, was Poincaré die eerste persoon wat 'n chaotiese deterministiese stelsel ontdek het en hy het sodoende die grondslag van moderne [[chaosteorie]] gelê. Hy word ook beskou as een van die stigters van die veld van [[topologie]].
 
Poincaré het klem gelê op die belangrikheid daarvan om aandag te gee aan die invariansie van fisiese wette onder verskillende transformasies en was die eerste persoon om die [[Lorentz transformasies|Lorentz-transformasies]] in hul moderne simmetriese vorm aan te bied. Poincaré het verskeie [[relativistiese sneltransformasies]] ontdek, soos in 1905 in 'n brief aan Hendrik Lorentz aangeteken. Hy het ook 'n belangrike stap in die formulering van die teorie van [[spesiale relatiwiteit]] voltooi deur perfekte invariansie van Maxwell se vergelykings te bepaal. In 1905 het Poincare voorgestel dat [[Swaartekraggolf|swaartekraggolwe]] uit 'n liggaam voortspruit teen die spoed van lig, soos deur die Lorentz-transformasies voorgestel.
74

wysigings