Verskil tussen weergawes van "Vlag van Israel"

k
Uitleg van bronteks
k (Kategorieë gealfabetiseer)
k (Uitleg van bronteks)
== “Nyl na Eufraat”/“Groter Israel”-kontroversie ==
[[Lêer:Western Wall - by Jacob Rask.jpg|thumb|left|’n Tradisionele talliet met die blou strepe]]
Sommige groeperinge beweer dat die blou bane op die Israelse vlag die [[Nylrivier|Nyl-]] en [[Eufraat]]riviere voorstel as die grense van Land van Israel, die land wat volgens die Bybel deur [[God]] aan die [[Jode]] beloof is.<ref>Genesis 15.18: “Op dié dag het die HERE met Abram ’n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier”</ref> Diegene wat hierdie bewering aanvoer dring daarop aan dat die vlag ’n “geheime” begeerte van die Jode voorstel om die hele grondgebied tussen die Nyl en Eufraat, wat sou beteken dat ’n groot gedeelte van Egipte, die hele Jordanië, die grootste gedeelte van Sirië en ’n gedeelte van Irak, verower moet word. [[Jasser Arafat]], [[Iran]] en [[Hamas]] het al hierdie bewering aangevoer,<ref>[http://www.webcitation.org/query?url=http://www.geocities.com/Heartland/9766/arafat.htm&date=2009-10-25+07:30:29 Playboy-onderhoud: Jasser Arafat]{{dooie skakel}}, ''Playboy'', September 1988.<br />ARAFAT: Ja, want hulle wil dit nie hê nie. Kyk na die slagspreuke wat hulle gebruik: dat die land van Israel van die Eufraat tot die Nyl strek. Dit was vir baie jare bo die ingang van die Knesset, die parlement, geskryf. Dit wys hulle nasionale ambisie – hulle wil tot by die Jordaanrivier vorder. Een Israel vir hulle, wat is daar vir ons oor… Weet u wat die betekenis van die Israelse vlag is?
<br />PLAYBOY: Nee.
<br />ARAFAT: Dit is wit met twee blou bane. Die twee lyne stel twee riviere voor met Israel daartussen. Die riviere is die Nyl en die Eufraat.</ref> en met herhaling die idee aan die Israelse vlag toegeskryf.<ref>{{en}} Rubin, Barry. [http://sicsa.huji.ac.il/1rubin.htm Die PLO tussen Anti-Sionisme en Antisemitisme, Agtergrond en Onlangse Verwikkelinge], The Vidal Sassoon International Center for the Study of Antisemitism, The [[Hebrew University of Jerusalem]], 1993. URL besoek op 3 April 2006.</ref><ref name=haaretz2>{{en}} {{cite web |first=Danny |last=Rubinstein |url=http://www.haaretz.com/hasen/pages/ShArt.jhtml?itemNo=501543&contrassID=1 |title=Opruiende legendes |publisher=Haaretz |date=15 November 2004 |accessdate=3 April 2006 }}</ref>
 
Sionistiese én anti-Sionistiese outeurs het die feit dat die bane op die vlag territoriale ambisies voorstel, van alle waarheid ontbloot. Daniel Pipes merk op dat “die blou bane inderdaad ontleen is aan die tradisionele Joodse gebededoek”,<ref>{{en}} {{cite web |first=Daniel |last=Pipes |url=http://www.meforum.org/article/215 |title=Imperiale Israel: Die Nyl-na-Eufraat-kwaadsprekery |publisher=Middle East Quarterly |date= Maart 1994 |accessdate=3 April 2006 }}</ref> en Danny Rubinstein wys uit dat “…Arafat… bygevoeg het, in vroeëre onderhoude, die twee blou bane op die Israelse vlag die Nyl en Eufraat voorstel… Geen Israeli, selfs diegene wat begrip vir die Palestynse nood toon,… die nonsens oor die blou bane op die vlag ontwerp is volgens die kleure van die tradisionele talliet nie…”<ref name=haaretz2/> Israel Shahak, die knaende kritikus van Israel en Sionisme is net so uitdruklik. In sy ''Die Sionistiese Plan vir die Midde-Ooste'' sê hy:
353 611

wysigings