Verskil tussen weergawes van "Minnesang"

73 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Die term ''minne'' het in die vroeë en hoë Middeleeue 'n wye spektrum van betekenisse wat as positiewe emosionele ingesteldheid of simpatie omskryf kan word. Dit kan verwys na onderlinge verhoudinge tussen mense waarin sosiale bande, vriendskap, liefde en respek uitgedruk word. Maar ook 'n verhouding van erotiese natuur is denkbaar, net soos goddelike liefde en die godsdienstige verering van Maria as Moeder Gods of van God self.
 
In adellike en hoofse kringe is die betekenis met die opkoms van minnesang-liriek vernou tot 'n emosionele of erotiese verhouding tussen man en vrou. Vanaf omstreeks 1170 het hierdie soort verhouding die sentrale tematiek van minnesang geword. Die Minnesang-tradisie het sy oorsprong in die [[Oksitaans]]sprekende suide van [[Frankryk]] waar ''trobadors'' in hul dig- en sangkuns Christelike en liefdesmotiewe met mekaar verbind het. Van hier het minnesang as kunsvorm na ander gebiede van [[Europa]], insluitende die [[Frans|Noord-Franse]], [[Nederlands]]e en Duitse taalgebied, uitgebrei. Duisende oorspronklike lirieke is oorgelewer, maar netmelodieë 'nontbreek handjievol- melodieë.om onbekende redes - in belangrike liedbundels soos die Duitse ''Codex Manesse''.
 
In sy nouer betekenis word die term ''Minnesang'' slegs op die liedere van Middelhoogduitse Minnesangers toegepas wat dikwels Oksitaanse of Noord-Franse melodieë oorgeneem en van lirieke in hul eie taal voorsien het.
103 432

wysigings