Verskil tussen weergawes van "Hoopstad"

47 grepe bygevoeg ,  14 jaar gelede
k
Dubbelsinnigheid bo-aan die artikel gemeld
k (Dubbelsinnigheid bo-aan die artikel gemeld)
:''Hierdie artikel handel oor die dorp "Hoopstad", in die [[Vrystaat]]. Sien asseblief [[Hopetown]] vir die gelyknamige dorp in die [[Noord-Kaap]].''
'''Hoopstad''' is 'n dorpie aan die [[Vetrivier]] in die provinsie [[Vrystaat]], sowat 31 km suidwes van die rivier se samevloeiing met die [[Vaalrivier]] en 30 km wes van [[Welkom]]. Die dorp bedien 'n boerderystreek waarin met [[Afrikanerbeeste]] en saaigewasse, veral mielies, koring en grondbone, geboer word. Daar is ook een nywerheidsgebied naasliggend tot die nasionale pad na die Goudvelde en [[Bloemfontein]]. Die NG kerkgebou is 'n nasionale gedenkwaardigheid. Daar is 'n buiteklub wat voorsiening maak vir allerlei sportsoorte, asook ander geriewe vir rugby, tennis, swem en atletiek. Voor die nuwe munisipale bedeling in werking getree het, was die munisipale gebied 2 962 hektaar groot.
 
==Geskiedenis==
Dit is vernoem na die landmeter wat die dorp opgemeet het, A.P. Haupt, en gestig op [[1 Junie]] [[1874]] op die plaas Kameeldoorns, wat deur die Oranje-Vrystaatse Volksraad vir dié doel aangekoop is. Die dorp verkry munisipale status in [[1905]]. '''Hoopstad''' het eers as ''Hauptstad'' bekend gestaan. Die naam is later verander, omdat ''Hauptstad'' letterlik ''hoofstad'' beteken, en dit dus afbreuk aan [[Bloemfontein]] se status as republikeinse hoofstad gedoen het. Daarom word die dorp toe ''stad van hoop''. Die NG gemeente is in [[1876]] afgestig en die lidmaattalle bly redelik konstant vir 'n plattelandse dorpe: in [[1979]] was dit 840 en meer as 'n kwarteeu later in [[2006]] nog 764.
 
==Interne skakels==
Moenie verwar word nie met [[Hopetown]], 'n dorp in die provinsie [[Noord-Kaap]].
 
==Eksterne skakels==
28 939

wysigings