Verskil tussen weergawes van "Wikipedia:Vandalisme"

1 353 grepe verwyder ,  1 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k
Etikette: Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf
{{neutedop|Die opsetlike aanbring van afbrekende wysigings tot Wikipedia sal na versperring lei.}}
 
'''Vandalisme''' is die toevoeging, verwydering of verandering van artikelinhoud wat met ''opset'' gedoen word om die integriteit en akkuraatheid van Wikipedia te skaad.
 
Die algemeenste vorm van vandalisme is die byvoeging van kru of vulgêre taal, die verwydering van die artikel se inhoud of enige toevoeging tot 'n artikel wat blote nonsens is. Gelukkig word hierdie soort vandalisme maklik raakgesien en is dit eenvoudig om te verwyder.
 
Enige goedbedoelde poging om die ensiklopedie te verbeter, selfs al is dit goed deurdink, is nie vandalisme nie: wanneer iemand sy eie persoonlike en subjektiewe opinie by 'n artikel voeg is dit nie vandalisme nie. Dit is bloot onbehulpsaam en moet verwyder of herbewoord word.
 
Blatante vandalisme is egter 'n oortreding van die Wikipedia se beleid: sodra die vandalisme raakgesien is moet dit verwyder word, of, as u dit nie self kan doen nie, kan een van die [http://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Listusers/sysop administrateurs] gekontak word vir hulp.
 
Nie alle vandalisme is voor-die-handliggend nie, ook is nie alle massiewe of kontroversiële veranderings vandalisme nie. Daar moet aandag gegee word om seker te maak of veranderings voordelig, nadelig (maar goed-bedoeld), of blatante vandalisme is.
 
==Verwydering van vandalisme==
 
Anonieme gebruiker