Verskil tussen weergawes van "Boheme"

156 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
=== Boheme onder die Přemyslide-dinastie ===
 
Vratislav II, wat tussen 1061 en 1092 geregeer het, was die eerste Přemyslide-heerser wat die titel "Koning van Boheme" as 'n persoonlike en nie-oorerflike voorreg uit die hande van die Heilige Romeinse keisers ontvang het. Die belangrikste heerser uit die dinastie, Otakar I, is as erflike koning van Boheme benoem. Boheme was vervolgens 'n koninkryk inbinne die politieke raamwerk van die Heilige Romeinse Ryk wat as Ryksleen beskou is. Sy konings het hoë ampte beklee soos dié van ''Pincerna Imperii'' (''Reichsschenk'') en keurvors. Otakar II het van Boheme een van die leidende moondhede in Sentraal-Europa gemaak wat ook ekonomies gefloreer het. In die tyd van Oostenryk se ''Interregnum'' het Otakar II dele van dié land in sy magsgebied ingesluit. Om dit verder uit te brei tot die [[Adriatiese See]], het Otakar II daarnaas ook oorloë teen [[Hongarye]] gevoer.
 
Die regeringstyd van Otakar I Přemysl en sy seun Wenceslaus I is deur ingrypende maatskaplike veranderinge in Boheme gekenmerk. Een van die heersers se belangrikste doelwitte was om tot dusver onbewoonde gebiede te koloniseer. Hiervoor is, ook met die steun van adel en [[klooster]]s, groot getalle Duitssprekende setlaars in Boheme gevestig wat nie net intensiewe boerderymetodes in landelike streke ingevoer het nie, maar ook talle nuwe nedersettings gestig het. Boheme se reg- en geldstelsel is aangepas by dié veranderinge, net soos die land se handelsbetrekkinge. Boheme se oorskot landbougoedere moes, net soos die produkte van ambagsmanne, uitgevoer word, en so is nuwe handelsbande aangeknoop en het nuwe handelspaaie ontstaan. Die groeiende vraag na [[edelmetaal|edel-]] en ander [[metaal|metale]] was die drywer vir die ontwikkel van die plaaslike mynbousektor.