Verskil tussen weergawes van "Hernubare energie"

Die mees ekonomiese gebruik is plaaslike hernubare kragopwekking in swak geïndustrialiseerde streke met beperkte elektrisiteitsverbruik of in ontwikkelende lande wat nie oor 'n voldoende infrastruktuur beskik nie. Son- en windenergie is hier baie geskik om byvoorbeeld ekologiese rampe soos ontbossing te voorkom.
 
Daar is tans min hoop dat hernubare energiebronne 'n groter bydrae sal kan lewer om die globale koolstofdioksiedproduksie in termiese kragsentrales en die gepaardgaande versnelling van die kweekhuiseffek en aardverwarming te verminder – die meeste groot ontwikkelende lande soos Sjina, Indië en Brasilië is nog steeds besig om hulle termiese kragopwekking uit te bou. Ondanks die onlangse prysverhogings is fossielbrandstowwe soos steenkool, ru-olie en aardgas nog steeds goedkoop genoeg om hulle gebruik te bevorder, en die oprigting van termiese kragsentrales veroorsaak laer koste as dié van hernubare energiebronne. Elektrisiteitsopwekking deur wind- en sonenergie het (oor) die afgelope paar jaar aansienlik goedkoper geword en kan nou selfs met steenkool- en gasaanlegte meeding.<ref> https://www.irena.org/-/media/Files/IRENA/Agency/Publication/2018/Jan/IRENA_2017_Power_Costs_2018.pdf</ref>
 
== Verskillende tipes van hernubare energie ==
185

wysigings