Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

Geen grootteverandering nie ,  1 jaar gelede
=== Vroeë voorlopers ===
[[Lêer:Radio-Depot der Technischen Sammlungen Dresden (Rundfunk- und Fernsehempfänger) 19.jpg|duimnael|links|'n Vroeë 20ste eeuse omringklank-radioluidspreker<br /><small>''Radio-Depot der Technischen Sammlungen Dresden, Duitsland''</small>]]
[[Lêer:San Marco vntrze obrazka.jpg|duimnael|VemesiaanseVenesiaanse Renaissance-komponiste het voordeel getrek uit die argitektoniese besonderhede en die besondere akoestiek van die basiliek van Sint Markus se interieur vir hul vroeë manier van omringklank, met kore en groepe musici wat vir indrukwekkende musiekopvoerings op verskillende plekke van die kerkgebou geplaas is. Omstreeks 1620 het polichorale musiek in Venesië uit die mode geraak]]
Musiek met 'n ruimtelike dimensie soos moderne digitale mediums soos DTS-kompakskyf, DVD-Video/Oudio of Blu-ray Disc dit moontlik maak, is geen uitvinding van die twintigste eeu nie. Die vroegste voorbeelde van "ruimtelike musiek" - wisselsange volgens die tegniek van 'n ''coro spezzato'' of 'n verdeelde koor - het in die 16de eeu in Padua ontstaan. Dit is verder ontwikkel in [[Venesië]] waar komponiste musiek vir antifonale kore geskryf het wat voordeel kon trek uit die argitektoniese besonderhede van die basiliek van Sint Markus se interieur. Die kore se sang is op 'n manier uitgevoer wat dit in Sint Markus soos 'n wedersydse "eggo" dwarsoor die kerk laat klink het.<ref>{{de}} [https://www.br-klassik.de/themen/klassik-entdecken/alte-musik/stichwort-mehrchoerigkeit-100.html ''BR Klassik: Stichwort Mehrchörigkeit - Musikpraxis, bei der mehrere Teilensembles im Raum verteilt aufgestellt werden. Besoek op 19 Augustus 2018'']</ref> In die 19de eeu was dit onder meer [[Gustav Mahler]] wat musikante vir sy uitvaartmusiek (''Requiem'') nie alleen op die verhoog geplaas het nie, maar ook elders in die saal om 'n meer indrukwekkende klank te verkry.
 
99 623

wysigings