Verskil tussen weergawes van "Argon-36"

80 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
'''Argon-36''' (chemiese notasie '''{{sub sup|36|18}}Ar''') is 'n stabiele isotoop van [[argon]], 'n edelgas. Dit is een van die drie stabiele isotope van die element, naas argon-38 en argon-40. Die voorkoms van argon-36 op aarde bedra 0,3365%.
 
==Kwasi-stabiliteit==
Argon-36 ontstaan onder meer tydens die radioaktiewe verval van [[chloor-36]], kalium-36 en kalsium-37.
Wetenskaplikes vermoed dat Argon-36 via dubbele betaverval oorgaan na die stabiele isotoop [[swawel-36]]. Die vervalenergie bedra −1611,87 keV. Die halfleeftyd is nogtans baie lank.
 
Wetenskaplikes vermoed dat Argon-36 via dubbele betaverval oorgaan na die stabiele isotoop [[swawel-36]]. Die vervalenergie bedra −1611,87 keV.
 
== Oerisotoop ==
Argon-36 en [[argon-38]] is oerisotope wat in die [[nukleosintese]] binne sterre gevorm word, terwyl argon-40 hoofsaaklik 'n radiogene vervalproduk van {{sub sup|40|}}K is. In die son se atmosfeer oorheers die oerisotope. Die [[isotoopverhouding]] is omtrent 84:15:1. Hier op aarde verteenwoordig die radiogene isotoop 99,6% van die atmosfeer se argon. <ref>[https://www.chemistryworld.com/news/noble-gass-days-of-fixed-atomic-weight-argon/3009127.article Chemistryworld]</ref>
 
== Vervalproduk ==
Argon-36 ontstaan onder meer tydens die radioaktiewe verval van [[chloor-36]], kalium-36 en kalsium-37.
 
== Chondriete ==
Argon-36 is 'n oerisotoop en sy volopheid word soms vergelyk met ander oerisotope s'n, byvoorbeeld in die studie van meteoriete. Koolstofhoudende [[chondriet]]e bevat volop argon en neon, wat by verhitting tot 950 K vrygestel en gemeet kan word. Die gass is in die kristalrooster van die meteoriet opgesluit. Die radiogene argon word makliker vrygestel as die oerisotoop argon-36. Vir neon is dit anders. Die verhouding van die oerisotope {{sub sup|20|}}Ne en {{sub sup|36|}}Ar wissel tussen 0,005 en 22, wat aandui dat groot fraksionering deur diffusieverlies plaasgevind het.<ref>[https://www.sciencedirect.com/science/article/pii/0016703761900084 Primordial argon and neon in carbonaceous chondrites and ureilites {{Outeur|Heinz Stauffer}} Geochimica et Cosmochimica Acta 24(1–2), 1961, bls. 70-82]</ref>
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
* {{en}} [http://www.wolframalpha.com/input/?i=Ar-36 Wolfram Alpha]
22 781

wysigings