Verskil tussen weergawes van "Palinologie"

2 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
afrond
k (taalversorgning)
(afrond)
Palinomorfs is strukture wat van organismes stam en wat mikroskopies van grootte is, sowat 5 tot 500 μm. Hulle het 'n groot weerstand teen die meeste vorme van verrotting en aantasting, behalwe oksidasie. Hulle is meestal opgebou uit stowwe soos sporopollenien en dinosporien, wat hierdie eienskappe besit. Hierdeur is hulle dikwels baie volop in neerslae en afsettingsgesteentes en kan daaruit met sterk sure, bassise of asetolise vrygestel en op [[digtheid]] geskei word. Hierdie mikrofossiele kan wande van [[kiesel]], [[kalk]], [[fosfaat]] of [[sellulose]] besit. Hulle het dikwels in die oseaan of in varswater ontstaan.<ref>[https://palynology.org/palynomorphs/ Palynology.org]</ref>
 
;Voorbeelde van palinomorfs is:
#''Acritarche'': vorme wat se oorsprong onbekend is.
#''Chitinozoa'': moontlik eiers van metazoa.
#''Dinoflagellate'': eukariotiese protiste wat 'n groot deel van die plankton behels.
#Stuifmeelkorrels: van bome, maar ook grasse, kruide ens.
#Spore: eensellige organismes wat in die aseksuele voortplanting van talle organismes 'n rol speel, soos plante, alge, swamme, protozoa, ens.
#'NPP'Nie-s:stuifmeel ''Non-Pollen Palynomorphs''palinomorfs: reste van swamme, sianobaterieë, mikro-alge ens.
 
==Fotogalery==
92 345

wysigings