Verskil tussen weergawes van "Kambodja"
24 170 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
Wysigings deur 113.167.18.90 teruggerol na laaste weergawe deur K175
Etikette: Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf
k (Wysigings deur 113.167.18.90 teruggerol na laaste weergawe deur K175)
Etiket: Terugrol
{{Inligtingskas Land
|noem_naam = [[Lêer:KingdomofCambodia.svg|125px]]
|volle_naam = '''Koninkryk van Kambodja'''
|algemene_naam = Kambodja
|beeld_vlag = Flag of Cambodia.svg
|beeld_wapen =Coat of arms of Cambodia.svg
|simbool_tipe = Wapen
|beeld_kaart = Location Cambodia ASEAN.svg
|leuse = [[Lêer:CambodiaMotto.svg|125px]]
''([[Khmer]] vir: "Nasie, Religie, Koning")''
|volkslied = ''[[Nokor Reach|បទនគររាជ]]''
''([[Khmer]] vir: "Majestiese Koninkryk")''
[[Lêer:United States Navy Band - Nokoreach.ogg]]
|amptelike_tale = [[Khmer]]
|hoofstad = [[Phnom Penh]]
{{Koördinate|11|33|N|104|55|O}}
|latd = 11
|latm = 33
|latNS = N
|longd = 104
|longm = 55
|longEW = O
|grootste_stad = [[Phnom Penh]]
|regeringsvorm = Unitêre parlementêre
konstitusionele [[monargie]]
|leiertitels =
• [[Monarg]]
• [[Eerste minister]]
|leiername = [[Norodom Sihamoni]]
[[Hun Sen]] (CPP)
|oppervlak_rang = 88ste
|oppervlak_grootte =
|oppervlak = 181 035
|oppervlakmi² = 69 898
|persent_water = 2,5
|bevolking_skatting = 14 952 665
|bevolking_rang = 65ste
|bevolking_skatting_jaar = 2010
|bevolking_sensus = 13 388 910<ref>{{en}} [http://www.nis.gov.kh/ Cambodian National Institute of Statistics], besoek op 6 Desember 2013.</ref>
|bevolking_sensus_jaar = 2008
|bevolkingsdigtheid = 81,8
|bevolkingsdigtheidmi² = 211,8
|bevolkingsdigtheidrang = 118ste
|BBP_PPP = $36,540 miljard<ref name=imf2>{{en}} {{cite web |url=http://www.imf.org/external/pubs/ft/weo/2013/02/weodata/weorept.aspx?sy=2011&ey=2018&scsm=1&ssd=1&sort=country&ds=.&br=1&c=522&s=NGDPD%2CNGDPDPC%2CPPPGDP%2CPPPPC&grp=0&a=&pr.x=43&pr.y=15 |title=Kambodja |publisher=[[Internasionale Monetêre Fonds]] |accessdate=6 Desember 2013}}</ref>
|BBP_PPP_rang =
|BBP_PPP_jaar = 2012
|BBP_PPP_per_kapita = $2 395<ref name="imf2" />
|BBP_PPP_per_kapita_rang =
|BBP = $14,118 miljard<ref name="imf2" />
|BBP_rang =
|BBP_jaar = 2012
|BBP_per_kapita = $926<ref name="imf2" />
|BBP_per_kapita_rang =
|onafhanklikheidstipe = Vorming
|onafhanklikheidsgebeure = • Koninkryk van Funan
• Koninkryk van Chenla
• Khmer-ryk
• Franse kolonisasie
• Onafhanklikheid
• Monargie herstel
|onafhanklikheidsdatums =
[[68]]
[[550]]
[[802]]
[[1863]]
[[9 November]] [[1953]]
[[24 September]] [[1993]]
|MOI = {{wins}} 0,543<ref name="UN">{{en}} {{cite web|url=http://hdrstats.undp.org/en/countries/profiles/khm.html |title=International Human Development Indicators – UNDP |publisher=Hdrstats.undp.org |date= |accessdate=6 Desember 2013}}</ref>
|MOI_rang = 138ste
|MOI_jaar = 2013
|MOI_kategorie = {{kleur|#fc0|medium}}
|Gini = 43<ref>{{en}} {{cite web |url=https://www.cia.gov/library/publications/the-world-factbook/fields/2172.html |title=Distribution of family income – Gini index |work=The World Factbook |publisher=[[Central Intelligence Agency]] |accessdate=6 Desember 2013}}</ref>
|Gini_rang =
|Gini_jaar = 2007
|Gini_kategorie = {{kleur|#fc0|medium}}
|geldeenheid = [[Kambodjaanse Riel|Riel]]{{smallsup|1}}
|geldeenheid_kode = KHR
|land_kode = KH
|tydsone =
|utc_afwyking = [[UTC+07:00|+7]]
|tydsone_somer =
|utc_afwyking_DST =
|internet_domein = [[.kh]]
|skakelkode = 855
|voetskrif = 1. Die [[Amerikaanse dollar]] word dikwels ook gebruik.<ref name="dollar">{{en}} {{cite web |author=Sjinese Universiteit van Hongkong |url=http://intl.econ.cuhk.edu.hk/exchange_rate_regime/index.php?cid=13 |title=Historical Exchange Rate Regime of Asian Countries: Cambodia |accessdate=6 Desember 2013}}
[http://cambodia.ka-set.info/economics/news-dollar-de-dollarisation-currency-riel-huot-pum-081209.html Riel or dollar: which currency for Cambodia, in a context of crisis?]</ref>
Die '''Koninkryk van Kambodja''' ([[Khmer]]: [[Lêer:KingdomofCambodia.svg|125px]] transliterasie: ''Preăh Réachéanachâkr Kâmpŭchea'') is 'n land in Suidoos-[[Asië]] met 'n bevolking van net onder 15 miljoen. Kambodja is die opvolgerstaat van die eens magtige [[Hindoe]]- en [[Boeddhisme|Boeddhistiese]] Khmer-ryk, wat oor die grootste deel van die [[Indo-China|Indo-Chinese Skiereiland]] regeer het tussen die 11de en 14de eeue.
'n Burger van Kambodja word gewoonlik geïdentifiseer as 'n "Kambodjaan" of "Khmer", wat streng gesproke slegs na etniese Khmere verwys. Meeste Kambodjane is Theravada Boeddhiste van Khmer-afkoms, maar die land het ook 'n beduidende aantal oorwegend [[Moslem|Islamitiese]] Cham, sowel as klein heuwelstamme.
Kambodja grens aan [[Thailand]] in die weste en noordweste, met [[Laos]] in die noordooste en met [[Viëtnam]] in die ooste en suidooste. In die suide word dit begrens deur die [[Golf van Thailand]]. Die geografie van Kambodja word oorheers deur die [[Mekong]]<nowiki/>rivier (in die volksmond in Khmer: ''Tonle Thom'' of "die groot rivier") en die [[Tonlé Sap]] ("die varswaterrivier"), 'n belangrike visbron. Die land se lae ligging beteken dat groot dele van die land byna op of onder seevlak is en lei daartoe dat die hoofwaterbron van die Mekong se vloei in die reënseisoen omkeer en in die naburige Tonle Saprivier invloei.
== Landnaam ==
''Kambodja'' is die Afrikaanse [[transliterasie]] van die Khmer-naam volgens die voorbeeld wat deur die [[Frans]]e transliterasie, ''Cambodge'', gevestig is. Die Engelse ''Kampuchea'' wat soms in plaas van ''Cambodia'' gebruik word, is 'n direkte transliterasie wat meer getrou is aan die Khmer-uitspraak. Die Khmer-naam is afgelei van die antieke koninkryk van Kambuja (''Kambujadesa''). Kambuja of Kamboja is die antieke [[Sanskrit]]-naam van die Kambojas, 'n vroeë stam uit die noordelike deel van die Indiese subkontinent.
In die Khmer Mul-skrif is die amptelike naam van die land [[Lêer:KingdomofCambodia.svg|150px]] (gewone skrif [[Lêer:Cambodia3.png|130px]]), ''Preahreachanachâk Kampuchea'', wat beteken "Koninkryk van Kambodja". Etimologies is die komponente: ''Preah-'' ("heilig"); ''-reach-'' ("koning", "koninklik", "ryk", uit Sanskrit); ''-ana-'' (uit Pāli ''{{IFA|āṇā}}'', "owerheid", "beheer" of "mag", uit Sanskrit ''{{IFA|ājñā}}'', selfde betekenis) ''-châk'' (uit Sanskrit ''cakra'', wat "wiel" beteken, 'n simbool van mag en heerskappy).
Die naam wat in formele aangeleenthede soos in politieke toesprake en nuusprogramme gebruik word, is [[Lêer:Cambodia4.png|100px]] (gewone skrif [[Lêer:Cambodia1.png|80px]]), ''Prâteh Kampuchea'', wat letterlik "die land van Kambodja" beteken. ''Prâteh'' is 'n formele woord wat "land" beteken.
Die naam wat gewoonlik in die alledaagse lewe deur Khmer-mense gebruik word is [[Lêer:KingdomofCambodia.svg|155px]], ''Srok Khmae'', letterlik "die Khmerland". ''Khmer'' word met "r" aan die einde gespel in die Khmer-alfabet, maar die "r" word nie in standaard Khmer uitgespreek nie; die finale "r" het uit meeste Khmer-dialekte se uitspraak verdwyn in die 19de eeu. ''Srok'' is a Mon-Khmer-woord wat ongeveer dieselfde beteken as ''prâteh'', maar wat minder formeel is.
Sedert onafhanklikheid het die amptelike naam van Kambodja verskeie kere verander as gevolg van die onstuimige geskiedenis van die land. Die volgende name is sedert 1954 in Afrikaans en Frans gebruik:
* ''Koninkryk van Kambodja''/''Royaume du Cambodge'' onder die heerskappy van die monargie van 1953 tot 1970;
* ''Khmer Republiek''/''République Khmère'' ('n leenvertaling van "''[[Frankryk|République française]]''") onder die regering van Lon Nol van 1970 tot 1975;
* ''Demokratiese Kampuchea''/''Kampuchea démocratique'' onder die heerskappy van die kommunistiese Rooi Khmer van 1975 tot 1979;
* ''Volksrepubliek van Kampuchea''/''République populaire du Kampuchea'' onder die heerskappy van die Viëtnamees-gesteunde regering van 1979 tot 1989;
* ''Staat van Kambodja''/''État du Cambodge'' (a neutrale naam wat gebruik is terwyl daar besluit is of die land tot 'n monargie sou terugkeer) onder die heerskappy van die [[Verenigde Nasies]]-tussentydse regering van 1989 tot 1993;
* ''Koninkryk van Kambodja''/''Royaume du Cambodge'' wat weer in gebruik geneem is na die herinstelling van die monargie in 1994.
== Geskiedenis ==
[[Lêer:Bayon Angkor Relief1.jpg|duimnael|links|'n Khmer-leër op pad om oorlog te voer teen die Cham, van 'n reliëf op die Bayon]]
Die eerste gevorderde samelewings in hedendaagse Kambodja het in die eerste millennium na Christus verskyn. Tydens die 3de, 4de, en 5de eeue het die Indiese state Funan en Chenla saam gesmelt in wat nou die hedendaagse Kambodja en suidwestelike Viëtnam is. Hierdie state, wat deur meeste vakkundiges as Khmer aangeneem word,<ref name="CS">Country-Studies.com. [http://www.country-studies.com/cambodia/early-indianized-kingdom-of-funan.html ''Country Studies Handbook'';] information taken from US Dept of the Army. Besoek op 25 Julie 2006.</ref> het nou bande met [[China]] en [[Indië]] gehad.<ref name="BRIT">Britannica.com. [http://www.britannica.com/eb/article-52477 History of Cambodia.] Besoek op 25 Julie 2006.</ref> Hulle ineenstorting is gevolg deur die opkoms van die Khmer-ryk, 'n beskawing wat in die gebied floreer het van die 9de eeu tot die 13de eeu.
Alhoewel die Khmer-ryk na die periode begin taan het, het dit magtig gebly in die omgewing tot die 15de eeu. Die ryk se middelpunt was [[Angkor]], waar 'n reeks hoofstede tydens die hoogtepunt van die ryk gevestig is. [[Angkor Wat]], die beroemdste en bes bewaarde godsdienstige tempel op die terrein, is 'n simboliese herinnering aan Kambodja se verlede as 'n belangrike moondheid in die streek.
Na 'n lang reeks oorloë met naburige koninkryke is Angkor deur die [[Thailand|Thai]] geplunder en in 1432 verlaat. Die hof het die hoofstad na [[Lovek]] geskuif, waar die koninkryk gepoog het om die voormalige glorie te herstel deur seehandel. Die poging was egter kortstondig aangesien voortgesette oorloë met die Thai en [[Viëtnam]]ese tot die verlies van meer grondgebied en die oorwinning van Lovek in 1594 gelei het. Gedurende die drie eeue daarna het die Khmer-koninkryk gewissel tussen 'n [[vasalstaat]] van die Thai en Viëtnamese konings, met kort periodes tussenin waarin 'n mate van onafhanklikheid bereik is.
[[Lêer:Phnom Penh French Colonial.jpg|duimnael|Franse koloniale geboue in [[Phnom Penh]]]]
In 1863 het Koning Norodom, wat deur Thailand in plek gestel is,<ref name="CHANDLER">{{cite book | last = Chandler | first = D.P. | authorlink = William Shawcross | title = A history of Cambodia (2nd ed.) | publisher = Westview Press | date = 1993 | location = Boulder, CO }}</ref> die beskerming van [[Frankryk]] versoek. In 1867 het die Thai-koning 'n verdrag met Frankryk geteken waarvolgens [[susereiniteit]] oor Kambodja laat vaar is in ruil vir die beheer van Battambang en Siem Reap, provinsies wat amptelik deel geword het van [[Thailand]]. Die provinsies is aan Kambodja terug besorg in terme van 'n grensverdrag tussen [[Frankryk]] en [[Thailand]] in 1906.
Kambodja het as 'n protektoraat van [[Frankryk]] bly bestaan van 1863 tot 1953. Dit is as deel van die Franse kolonie [[Indo-China]] bestuur. Na die besetting deur die [[Japan|Japannese Ryk]] van 1941 tot 1945 tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]], het Kambodja op [[9 November]] [[1953]] onafhanklikheid van [[Frankryk]] verkry. Dit het 'n grondwetlike monargie onder koning Norodom Sihanouk geword.
In 1955 het Sihanouk ten gunste van sy vader abdikeer sodat hy as Eerste Minister verkies kon word. Met sy vader se afsterwe in 1960 het Sihanouk weer staatshoof geword onder die titel Prins. Met die verloop van die Viëtnamoorlog het Sihanouk 'n amptelike beleid van neutraliteit ingeneem totdat hy in 1970 deur 'n militêre staatsgreep onder leiding van eerste minister Lon Nol en prins Sisowath Sirik Matak afgeset is terwyl hy op 'n oorsese reis was. Uit [[Beijing]] het Sihanouk homself toe by die [[kommunisme|kommunistiese]] Rooi Khmer-rebelle geskaar wat stadig maar sekere besig was om grondgebied in die afgeleë bergagtige gebiede in te palm. Hy het sy volgelinge aangespoor om te help om die pro-[[Verenigde State van Amerika|VSA]] regering van Lon Nol omver te werp wat die begin van die Kambodjaanse burgeroorlog versnel het.<ref name="SIHNK">{{cite book | last = Sihanouk | first = Norodom | authorlink = Norodom Sihanouk | title = My War with the CIA, The Memoirs of Prince Norodom Sihanouk as related to Wilfred Burchett | publisher = Pantheon Books | date = 1973}}</ref>
[[Lêer:B-5222.jpg|duimnael|B-52-bomwerpers oor Kambodja tydens die ''Operation Menu'']]
''Operation Menu'', 'n reeks geheime [[Boeing B-52 Stratofortress|B-52]] bomaanvalle deur die [[Verenigde State van Amerika|VSA]] op wat na vermoede Viet Cong-basisse en toevoerroetes binne Kambodja was, is erken nadat Lon Nol mag oorgeneem het; Amerikaanse magte het Kambodja kortliks binnegeval in 'n verdere poging om die Viet Cong te belemmer. Die bombardering het voortgeduur en soos die Kambodjaanse kommuniste vordering begin maak het, het dit uiteindelik tot 1973 aanvalle op Rooi Khmer-teikens ingesluit. Skattings oor die aantal Kambodjane wat in die bomaanvalle gesterf het wissel geweldig.<ref name="SIDESHOW">{{cite book | last = Shawcross | first = William | authorlink = William Shawcross | title = Sideshow: Kissinger, Nixon and the destruction of Cambodia | publisher = Cooper Square Press | date = Revised edition (25 Oktober 2002) | location = United States | id = ISBN 0-8154-1224-X}}</ref> Die Rooi Khmer het Phnom Penh in 1975 bereik en die mag oorgeneem. Die amptelike naam van die land is verander na Demokratiese Kampuchea, gelei deur [[Pol Pot]].
Skattings wissel oor die hoeveelheid mense wat deur die Rooi Khmer-regime doodgemaak is. Afhangende daarvan of mens die sterftes aan hongersnood en sterftes in vlugtelinge kampe wat daarop gevolg het insluit, wissel skattings enige iets tussen 1,7 miljoen<ref>David Chandler, Voices From S21: Terror and History in Pol Pot's Secret Prison. Berkeley and Los Angeles: University of California Press, 1999</ref> en 3 miljoen Kambodjane.<ref>Craig Etcheson, Documentation Centre of Cambodia, Phnom Penh, Cambodia http://www.mekong.net/cambodia/toll.htm</ref><ref> 'n Syfer van drie miljoen sterfgevalle tussen 1975 en 1979 is deur die Viëtnamees-ondersteunde [[Phnom Penh]]regime, die PRK gegee. Fader Ponchaud het 2,3 miljoen voorgestel; die [[Yale University|Yale]] [http://www.yale.edu/cgp/ Cambodian autogenocide Project] skat 1.7 miljoen; [[Amnestie Internasionaal]] skat 1.4 miljoen ; en die [[VSA|VSA Department of State]]: 1,2 miljoen. Khieu Samphan en [[Pol Pot]] het onderskeidelik syfers van 1 miljoen en 800 000, gegee</ref> Baie mense is vir een of ander rede as "vyande van die staat" beskou. Dit kon wees as gevolg van bande met die vorige regering, staatsamptenare, opgevoede mense of godsdienstiges, kritici van die Rooi Khmer of Marxisme, of eenvoudig omdat hulle weerstand gebied het teen die brutale behandeling van hulle landgenote. Honderde duisende ander het oor die grens gevlug na die naburige [[Thailand]].
[[Lêer:Flag of Democratic Kampuchea.svg|duimnael|Vlag van Demokratiese Kampuchea en die Volksrepubliek van Kampuchea]]
In November 1978 het [[Viëtnam]] Kambodja binnegeval om Rooi Khmer-invalle oor die grens en die menseslagting van Viëtnamese in Kambodja te verhinder.<ref name="CGG">CambodianGenocide.org.[http://www.cambodiangenocide.org/genocide.htm ''A Brief History of the Cambodian Genocide''.] Besoek op 25 Julie 2006.</ref> Geweldadige besetting en oorlogvoering tussen die Viëtnamese en Rooi Khmer het deur die 1980's voortgeduur. Vredespogings het in 1989 in [[Parys]] begin en twee jaar later in Oktober 1991 tot 'n volledige stel vredesooreenkomstegelei. Die [[Verenigde Nasies]] is 'n mandaat gegee om 'n skietstaking af te dwing, vlugtelinge te hanteer en ontwapening te bestuur.<ref name="USDOS3">US Department of State. [http://www.state.gov/r/pa/ei/bgn/2732.htm Country Profile of Cambodia.] Besoek op 25 Julie 2006.</ref>
Na die brutaliteit van die 1970's en die 1980's en die vernietiging van die kulturele, ekonomiese, maatskaplike en politiese lewe van Kambodja, het herkonstruksie eers onlangs 'n aanvang geneem en is 'n mate van politieke stabiliteit uiteindelik herwin. Die demokrasie wat na die konflik gevestig is, is in 1997 geskud tydens die staatsgreep wat in die jaar plaasgevind het,<ref name="97COUP">UN OHCHR Cambodia [http://cambodia.ohchr.org/Documents/Statements%20and%20Speeches/English/40.pdf]</ref> maar het andersins glad verloop.
== Politiek ==
[[Lêer:Norodom Sihamoni (2007) (crop).jpg|duimnael|upright|Koning Norodom Sihamoni]]
Politiek vind volgens die grondwet van 1993 amptelik binne die raamwerk van 'n parlementêre, verteenwoordigende monargie plaas. Die Eerste Minister van Kambodja is die regeringshoof en hoof van 'n multivormige veel-party stelsel, terwyl die koning die staatshoof is. Die Eerste Minister word deur die koning aangestel op advies en met die goedkeuring van die Nasionale Vergadering; die Eerste Minister en sy of haar ministeriële aangesteldes het uitvoerende mag in die regering. Wetgewende mag lê beide in die uitvoerende tak en in die twee kamers van die parlement, die Nasionale Vergadering van Kambodja en die Senaat.
Op 14 Oktober 2004 is koning [[Norodom Sihamoni]] deur 'n spesiale troonraad van nege lede as nuwe koning gekies na die onverwagse abdikasie van koning Norodom Sihanouk 'n week tevore. Sihamoni se verkiesing is goedgekeur deur eerste minister [[Hun Sen]] en die speaker van die Nasionale Vergadering, prins [[Norodom Ranariddh]] (die nuwe koning se broer), beide lede van die troonraad. Hy is in in Phnom Penh op [[29 Oktober]] gekroon. Die monargie is simbolies en beoefen geen politieke mag nie. Norodom Sihamoni was opgelei in Kambodjaanse klassieke dans en is ongetroud. Weens van sy lang verblyf in die [[Tsjeggiese Republiek]] (toe deel van Tsjeggo-Slowakye) is Norodom Sihamoni vlot in [[Tsjeggies]].
Daar word berig dat korrupsie op groot skaal in Kambodja voorkom<ref name="BBC3">BBC Asia-Pacific News (September 19, 2005). [http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/4183606.stm ''Corruption dents Cambodia democracy''.] Accessed July 24, 2006.</ref> met internasionale hulpverlening uit die VSA en ander lande wat onwettig na privaat bankrekenings oorgeplaas word.<ref name="REUT">Reuters AlertNet (May 29, 2006). [http://www.alertnet.org/thenews/newsdesk/BKK237403.htm ''World Bank threatens $64 mln Cambodia aid freeze'']. Accessed July 24, 2006.</ref> Korrupsie dra ook by tot die groot inkomstegaping in die bevolking.<ref name="BBCBUIS">BBC News (29 May 2006). [http://news.bbc.co.uk/1/hi/business/5027168.stm 'Corruption' curbs Cambodia cash.] Besoek op 24 Julie 2006.</ref>
== Administratiewe afdelings ==
Kambodja word verdeel in 20 [[provinsie]]s (''khett'', enkel en meervoud) en vier munisipaliteite (''krong'', enkel en meervoud). Daar is verder onderverdelings in distrikte (srok), gemeenskappe (khum), groot distrikte (khett) en [[eiland]]e (koh).
Phnom Penh is die grootste bevolkingsentrum met 2 miljoen van Kambodja se 15 miljoen mense. Mondulkiri, die heuwelprovinsie in die noordooste wat aan Viëtnam grens, is die grootste provinsie volgens oppervlak, maar het die laagste bevolkingsdigtheid.<ref>{{cite web | url = http://www.phnompenhtours.com/Mondulkiri.htm | title = Mondulkiri | publisher = Phnom Penh Tours | accessdate = 1 September 2006}}</ref>
{| class="wikitable" align="left" style="width:50%" |-
! Munisipaliteite (Krong) !! Provinsies (Khett) !! Eilande (Koh)
| [[Phnom Penh]], Sihanoukville (Kampong Som), Pailin, Kep || Banteay Meanchey, Battambang, Kampong Cham, Kampong Chhnang, Kampong Speu, Kampong Thom, Kampot, Kandal, Koh Kong, Kratié, Mondulkiri, Oddar Meancheay, Pursat, Preah Vihear, Prey Veng, Ratanakiri, Siem Reap, Stung Treng, Svay Rieng, ,Takéo ||Koh Kong, Koh Polaway, Koh Rong, Koh Rong Samlon, Koh Sess, Koh Tang, Koh Thass, Koh Tral (deur [[Viëtnam]] bestuur as Phu Quoc), Koh Traolach, Koh Treas
[[Lêer:Cambodge Carte-Provinces.png|regs|duimnael|300px|Provinsies van Kambodja]]
{{clear}}
== Buitelandse betrekkinge ==
[[Lêer:Phraviharngopura.jpg|duimnael|Die Preah Vihear, deel van die grenskonflik met Thailand]]
Kambodja is 'n lid van die [[Verenigde Nasies]] en instansies soos die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds. Dit is 'n lid van die Asiatiese Ontwikkelingsbank (ADB), 'n lid van die Vereniging van Suidoos-Asiatiese Nasies (VSAN) en het op 13 Oktober 2004 by die Wêreldhandelsorganisasie aangesluit. In 2005 het Kambodja die stigtingsvergadering van die Oos-Asiatiese Spitsberaad bygewoon.
Na die vestiging van politieke bestendigheid het Kambodja diplomatieke betrekkinge met talle lande aageknoop,<ref>Konklike Regering van Kambodja. [http://www.cambodia.gov.kh/unisql1/egov/english/country.foreign_embassy.html Buitelandse Ambassades].</ref> insluitend baie van die land se Asiatiese buurstate en van die belangrike rolspelers tydens die Parys-vredesamesprekinge, insluitend die [[VSA]], [[Australië]], [[Kanada]], [[China]], die [[Europese Unie]] (EU), [[Japan]] en [[Rusland]].<ref>Catharin E. Dalpino and David G. Timberman. "[http://www.asiasociety.org/publications/cambodia_policy.html Cambodia's Political Future: Issues for U.S. Policy]," ''Asia Society,'' March 26, 1998.</ref>
Alhoewel die uitbarstings van geweld wat in die 1970's en 80's voorgekom het, stopgesit is, duur verskeie grensgeskille tussen Kambodja en sy buurstate voort. Daar is verskille oor sommige van die [[eiland]]e langs die kus en dele van die grens met Viëtnam en ongedefinieerde see- en landsgrense met Thailand.
In Januarie [[2003]] het onluste in Phnom Penh plaasgevind, wat ontstaan het na gerugte oor uitsprake oor [[Angkor Wat]], wat verkeerdelik deur ''Reaksmei Angkor'', 'n Kambodjaanse koerant, toegeskryf is aan 'n Thai aktrise en later aangehaal is deur eerste minister Hun Sen.<ref name="USDOS2">Bureau of East Asian and Pacific Affairs of the US Department of State.[http://web.archive.org/web/20030625101719/http://www.state.gov/p/eap/rls/rpt/20565.htm ''Report to the Congress on the Anti-Thai Riots in Cambodia on January 29, 2003''.]</ref> Die Thai regering het militêre vliegtuie ingestuur om Thai burgers te ontruim en die land se grens met Kambodja gesluit terwyl Thai's buite die Kambodjaanse ambassade in [[Bangkok]] betoog het. Die grens is op [[21 Maart]] heropen nadat die Kambodjaanse regering $6 miljoen in skadevergoeding betaal het vir die vernietiging van die Thai ambassade en dit ooreengekom het om individuele Thai ondernemings vir hulle verliese te vergoed.
== Geografie ==
[[Lêer:Kampong Speu.jpg|duimnael|links|Landskap in Kambodja]]
286
wysigings