Atoomgetal: Verskil tussen weergawes

22 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
Inhoud byvoeg
k (Wysigings deur 41.114.125.198 teruggerol na laaste weergawe deur Oesjaar)
Etiket: Terugrol
(Inhoud byvoeg)
Etikette: Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf
[[Lêer:Element identity.png|duimnael|Z - Atoomgetal ]]
Die '''atoomgetal''' ('''Z''') is 'n term wat in [[chemie]] en [[fisika]] gebruik word om die aantal [[proton]]e wat in die kern van 'n [[atoom]] voorkom, aan te dui. In 'n atoom met 'n [[neutrale lading]] is die aantal [[elektrone]] tipies gelyk aan die atoomgetal.Sit my skrywings nou in
 
Die atoomgetal het aanvanklik verwys na die nommer wat die element se plek in die [[periodieke tabel]] aangedui het. Toe [[Dmitri Mendelejef|Mendelejef]] die bekende [[chemiese element]]e gegroepeer het na aanleiding van ooreenkomste in hulle chemiese gedrag, is daar opgemerk dat die plasing van elemente in streng volgorde volgens hulle [[atoommassa]]'s gelei het tot verkeerde plasings. [[Jodium]] en [[tellurium]] verskyn oënskynlik in die verkeerde volgorde as hulle in die tabel volgens hul atoommassas gelys word en pas beter in die tabel as hulle plekke omgeruil word. Wanneer hulle in die volgorde geplaas word waar hulle chemiese eienskappe beter ooreengestem het dit duidelik geword dat hulle nommers in die tabel ooreengestem het met hul atoomgetalle soos in die eerste paragraaf gedefinieer. Die getal is proporsioneel tot die massa van die atoom, maar het soos deur bostaande afwyking geïllustreer, 'n ander eienskap as die massa gereflekteer.
Anonieme gebruiker