Verskil tussen weergawes van "Hadeïkum"

151 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
[[Lêer:Earearth.png|duimnael|links|Artistieke weergawe van die vroeë Aarde en Maan.]]
Volgens die Goldblatt-indeling begin die eintlike Hadeïkum met 'n groot katastrofe. Die proto-Aarde (''Tellus'') word deur 'n ander planetesimaal getref wat [[Theia (planeet)|Theia]] genoem word. Die tydstip word op 4,50±0,01 miljard jaar gelede geraam, (35±12 miljoen jaar ná die vorming van die protoplaneet).<ref name="Li" /> Hierdie gebeurtenis was katastrofies en lei tot die totale versmelting van die twee protoplanete. Aanvanklik is dit dalk 'n superkritiese gaswolk met 'n hoë druk en hoë temperatuur. Dit blyk veral uit die relatiewe voorkoms van [[kalium-41]]. <ref>[https://www.space.com/34044-moon-birth-may-have-vaporized-earth.html Moon's birth may have vaporaized most of Earth, study shows. {{Outeur|Charles Q. Choi}} www.space.com]</ref> Afkoeling lei opnuut tot differensiasie en die vorming van die Aarde en die Maan.
 
Die afstand tussen die Aarde en sy satelliet was aanvanklik baie kleiner as vandag. Dit word op 21 keer die aardstraal geraam, pleks van omtrent 60. <ref>[https://www.lpi.usra.edu/exploration/training/illustrations/earthMoon/ Lunar and Planetary Institute]</ref>
 
Aanvanklik het die nuwe planeet Aarde 'n gesmelte oppervlak gehad, maar ná sowat 10 miljoen jaar het dit 'n vaste kors gekry.<ref name="Goldblatt" />
 
===Omtrent 85 miljoen jaar===
22 781

wysigings