Verskil tussen weergawes van "Hadeïkum"

521 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
;Omtrent 550 miljoen jaar
[[Lêer:Lunar cataclysm.jpg|duimnael|Artistieke weergawe van die Maan tydens die bombardement en vandag]]
Die maan word getref deur die laat swaar bombardement wat tot die vorming van die inslagkraters op die maan lei. Dit word afgelei van die U/Th/Pb en Rb/Sr-metings op die maangesteentes wat die [[Apollo 17]]-tog meegebring het. Hierdie gegewens wys 'n tydperk van meteorietbombardemente van 4,0-3,8 miljard jaar gelede. Omdat die Aarde se swaartekrag groter as die Maan s'n is, sou die Aarde aan 'n groter bombardement blootgestel gewees het, en inslae van liggame so groot as [[Ceres (dwergplaneet)|Ceres]] (deursnee 900 km) ondergaan het, maar bewyse hiervoor ontbreek.<ref name="Li" /> Sulke inslae sal waarskynlik 'n deel van oseane weer laat verdamp en dit is nie duidelik of dit die lewe wat dalk reeds bestaan het oorleef het of dat dit uitgewis is en later in die Argeïkum opnuut verskyn het. Die oorsaak van die bombardement is moontlik veranderings in die stabiele wentelbane van Jupiter en Saturnus wat glo omtrent 3,9 miljard jaar gelede het plaasgevind en die bane van asteroïede versteur het, maar beter navorsing op die Maan is nodig om dit te bevestig. <ref name="Sleep"/>
 
Oor die grens tussen die Hadeïkum en die Argeïkum bestaan geen ooreenstemming nie. Sommige wil dit veslê op die tyd dat lewe verskyn het, maar dit is moeilik om vas te stel; Goldblatt hulle wil liewer 'n later grens om die laat bombarderment geheel aan een tydperk, die Hadeïkum toe te wys, pleks van dit oor Hadeïkum en Argeïkum te verdeel. <ref name="Goldblatt" />
 
==Verwysings==
22 781

wysigings