Aankope: Verskil tussen weergawes

20 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
 
Die '''Aankoopfunksie''' van 'n [[onderneming]] is verantwoordelik vir voorraadbestuur, aankoop van voorraad en grondstowwe, skakeling met [[Verskaffer (ekonomie)|verskaffer]]s en om op hoogte te bly met nuwe produkvrystellings en vervaardigingstendense. Dit behels ál die aktiwiteite wat betrekking het tot die verkryging van die middele wat 'n onderneming nodig het om sy aktiwiteite uit te voer en 'n wins te maak, byvoorbeeld die aankoop van grondstowwe, masjiene, voertuie, toerusting en voorraad.
 
== Rol van aankope in 'n onderneming ==
Die aankoopafdeling speel 'n belangrike rol in die winsgewendheid van 'n onderneming, aangesien elke onderneming produkte en dienste nodig het. Die aankoopafdeling is verantwoordelik voor:
*Die bestelling van die korrekte hoeveelheid produkte.
Die aankoopfunksie is belangrik omdat 'n onderneming verskillende produkte (grondstowwe, masjinerie, voorraad vir herverkoop, materiale en skoonmaakmiddels) nodig het om te funksioneer en sy spesifieke doelwit (wins) te bereik. 'n Onderneming het ook dienste nodig wat deur buite-instansies verskaf word om aktiwiteite binne die omgewing te vergemaklik, byvoorbeeld elektrisiteit, regsdienste, vervoer, berging en kommunikasiedienste.
 
== Dokumentasie betrokke by die aankoopfunksie ==
===Aankoopversoek of aankooprekwisisie===
Die aankooprekwisisie in 'n vorm wat deur die hoof van die [[Produksie as sakefunksie in ondernemings|produksie]]-, verkoop- of bergingsafdeling voltooi en dan na die aankoopafdeling gestuur word sodat die voorraad bestel kan word. Die aankoopversoekvorm word voltooi en aan die aankoopbestuurder gegee. Die volgende inligting moet op die vorm aangebring word:
*Die datum waarop die versoek uitgevoer moet word
 
=== Navrae ===
Die aankoopafdeling kan skriftelike of telefoonnavrae doen en [[Verskaffer (ekonomie)|verskaffer]]s versoek om die volgende te verskaf:
*Monsters
*Sakekennise en plaaslike kamers van koophandel kan genader word
 
=== Tenders ===
'n Tender is 'n [[Verskaffer (ekonomie)|verskaffer]] se skriftelike aanbod om sekere goedere en/of dienste te lewer. 'n Tender volg op 'n advertensie. Persone of instellings wat belangstel om die betrokke goedere en/of dienste te verskaf, maak 'n skriftelike aanbod en gee 'n vaste prys. Ná die sluitingsdatum word die tenders se pryse vergelyk. Die tender wat die voordeligste vir die onderneming is, nie noodwendig die goedkoopste tender nie, word aanvaar. 'n Tender is 'n bindende dokument. Dit beteken dat wanneer 'n [[Verskaffer (ekonomie)|verskaffer]] 'n tender ingedien het, hy verplig is om die goedere en dienste teen die prys wat aangedui is te lewer.
 
== Belangrike faktore by aankope ==
Verskeie aktiwiteite moet deur die aankoopdepartement uitgevoer word om goedere en dienste vir die onderneming by betroubare [[Verskaffer (ekonomie)|verskaffer]]s te verkry. Vyf faktore speel 'n belangrike rol in die verkryging van goedere.
 
=== Keuse van die korrekte verskaffer ===
Die onderneming soek produkte en dienste van [[Aankope as sakefunksie in ondernemings#Aankoop van goedere en dienste van die korrekte gehalte|die regte gehalte]], teen [[Aankope as sakefunksie in ondernemings#Aankoop van goedere en dienste teen die korrekte prys|die regte prys]], op die regte plek, en op [[Aankope as sakefunksie in ondernemings#Aankoop op die regte tyd|die regte tyd]].
 
=== Aankoop van die korrekte hoeveelhede ===
Die belangrikste aspek van die aankoopfunksie is om te verseker dat die [[Produksie as sakefunksie in ondernemings|produksiedepartement]] altyd voldoenede voorraad grondstowwe het en dat daar genoeg voorraad is om in die behoeftes van klante te voorsien.
 
=== Aankoop van goedere en dienste van die korrekte gehalte ===
Aanduiding van gehalte:
*Handelsmerke: Dit is spesiale tekens wat deur vervaardigers of handelaars op ál hul produkte gebruik word om hulle van soortgelyke produkte van mededingers te onderskei.
*Inginieursdiagramme: Dit sluit gedetailleerde diagramme van masjienonderdele in en is van 'n hoogs tegniese aard.
 
=== Aankoop van goedere en dienste teen die korrekte prys ===
'n Onderneming se winsgewendheid word deur elke aankoop beïnvloed. Daarom is dit belangrik dat grondstowwe, goedere, en dienste teen redelike pryse gekoop word.
 
*Raklewe en bederfbaarheid van spesifieke items
 
=== Aankoop op die regte tyd ===
Die regte tyd vir aankope word bepaal deur die tipe mark waarin die aankope plaasvind, soos byvoorbeeld [[volmaakte mark]]te, [[monopolie]]ë, en [[onvolmaakte mark]]te, asook die tipe materiaal wat benodig word.
 
411 783

wysigings