Bedryfstelselkern: Verskil tussen weergawes

Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
 
Hierdie take word verskillend aangepak deur verskillende bedryfstelselkerne, afhangende van hul ontwerp en implementering. Terwyl [[monolitiese kern]]e probeer om hierdie doelwitte te bereik deur al die kode in dieselfde [[adresruimte]] uit te voer om die werkverrigting van die stelsel te probeer verbeter, [[mikrokern]]e hardloop die meeste van hulle dienste in die [[gebruikersruimte]], met die mikpunt om die onderhoubaarheid en modulariteit van die kodebasis te verbeter. 'n Reeks van moontlikhede bestaan tussen hierdie twee uiterste benaderings.
 
== Oorsig ==
Volgens Jochen Liedtke is die bedryfstelselkern al daardie dele wat deel maak van die bedryfstelsel en wat noodsaaklik is en deur alle ander sagteware benodig word.
 
'n Kern sal gewoonlik laevlak skeduleringkenmerke verskaf<ref name="Deitel82sched">vir meer oor laevlakskedulering sien Deitel 82, hfst.10 pp.249-268</ref> vir prosesse.
 
== Basiese kerndienste ==
Die kern se hoofdoel is om die rekenaar se hulpbronne te bestuur en ander programme daartoe in staat te stel om hierdie hulpbronne te hardloop en te gebruik. Hierdie hulpbronne bestaan tipies uit:
* Die [[Sentrale verwerkingseenheid]] (SVE). Dit is die mees sentrale deel van 'n rekenaarstelsel wat daarvoor verantwoordelik is om programme uit te voer. Die kern is daarvoor verantwoordelik om te besluit op watter tydstip elkeen van die baie programme aan die SVE of SVE's toegeken moet word (elke SVE kan tipies slegs een program op 'n tyd uitvoer)
'n Bedryfstelselkern kan ook die kenmerke self implementeer of op van die prosesse wat dit uitvoer staatmaa om die fasiliteite te verskaf aan ander prosesse in welke geval dit 'n interproseskommunikasie-meganisme daar moet stel om die prosesse toe te laat om die fasiliteite by mekaar onderling te kan verkry. Die kern moet dan die programme wat loop van 'n metode voorsien om versoeke te rig om toegang tot hierdie fasiliteite te verkry.
 
== Verwysings ==
<references />
 
411 783

wysigings