Botaniese Tuin van Kopenhagen: Verskil tussen weergawes

Uitleg van bronteks
k (Kategorieë gealfabetiseer)
(Uitleg van bronteks)
Dit beslaan 'n oppervlakte van 10 [[hektaar]] en is veral bekend vir sy uitgebreide kompleks van historiese glashuise wat uit [[1874]] dateer. Die tuin is deel van die [[Natuurhistoriese Museum van Denemarke]], wat self deel is van die [[Universiteit van Kopenhagen]] se Fakulteit Natuurwetenskappe. Dit dien 'n navorsings-, opvoedkundige- en ontspanningsdoeleinde.
 
== Geskiedenis ==
Die botaniese tuin is aanvanklik in 1600 gestig, maar dit is twee keer geskuif voordat dit uiteindelik sy huidige plek in 1870 gegee is. Dit is waarskynlik gestig om 'n versameling Deense medisinale plante te verseker toe baie kloosters en hul tuine verlaat of vernietig is na die Hervorming. <ref>{{cite web|url=http://www.dn.dk/Default.aspx?ID=3330|title=Botanisk Have|publisher=Danmarks Naturfredningsforening|accessdate=2009-04-06}}</ref>
 
== Kopenhagen Botaniese Tuin Deesdae ==
Die Kopenhagen Botaniese Tuin is 'n informele tuin met gratis toegang. Daar is konservatoriums, 'n museum en herbarium, 'n biblioteek (slegs op afspraak) 'n plantwinkel, sade en 'n klein verskeidenheid tuingereedskap en 'n eetplek.
 
== Versamelings ==
Die botaniese tuine bevat meer as 13 000 spesies. Die tuin is in verskillende afdelings gerangskik, insluitend: Deense plante (600 spesies), meerjarige plante (1100 spesies), jaarplante (1100 spesies), rotstuine met plante uit bergagtige gebiede in Sentraal- en Suid-Europa en Conifer Hill wat met naaldbome beplant is. Een van die nuutste insluitsels is 'n rhododendron tuin.
 
Die tuin het baie mooi voorbeelde van bome. <ref>{{cite web|url=http://www.britannica.com/EBchecked/topic/136545/Copenhagen-University-Botanical-Garden|title=University of Copenhagen Botanical Garden|publisher=Encyclopædia Britannica|accessdate=2009-04-06}}</ref> Die oudste boom in die tuine is 'n taxodium van 1806 wat op die ouderdom van 60 jaar vanaf die ou ligging verskuif is. <ref>{{cite web|url=http://www.dn.dk/Default.aspx?ID=3330|title=Botanisk Have|publisher=Danmarks Naturfredningsforening|accessdate=2009-04-06}}</ref>
 
== Die Palmhuis ==
Hier is 'n lys van plantspesies wat in die Palmhuis groei:
* [[Erythroxylum novogranatense]]
* [[Uncarina]] grandidieri
 
== Eksterne Skakels ==
* [http://botanik.snm.ku.dk/ Official webpage]
* [http://botanik.snm.ku.dk/nyhaveplan/bot__h_udviklingsplan_2009l.pdf/ History and restoration], pdf about the garden
411 783

wysigings