Verskil tussen weergawes van "Outeur (skrywer)"

k
Die verhouding tussen die outeur en [[redigeerder]], baie keer die outeur se enigste skakel met die uitgewers, word dikwels as die spanningsarea gekarakteriseer. Die outeur sal sy lesers gewoonlik slegs bereik indien die verhaal die redigeerder se aandag trek. Die outeur is nie meer die enigste noodwendige betekenismaker nie, maar die invloed van die redigeerder en uitgewer word ingesluit ten einde die gehoor as sosiale handeling by die skryfproses te betrek. Daar is drie hoofareas wat deur redigeerders gedek word - Taalversorging (die nagaan van die grammatika en spelling en die korrigering van spelfoute), Storie ('n potensiële area van groot angs vir outeur sowel as uitgewer) en Uitleg (die opstel van die laaste proef vereis dikwels klein veranderinge. 'n Uitlegredakteur moet sorg dat dit nie die sin van die teks verander nie).
 
In [[Pierre Bourdieu]] se essay "The Field of Cultural Production" word die uitgewersbedryf as'n "ruimte van literêre of kunstige posisionering" of 'n "strydveld" uitgebeeld wat deur die spanning en beweging onder die verskeie posisies in die veld gedefinieer word.<ref>Bourdieu, Pierre.</ref> Vir die outeur in die besonder, beteken outeurskap dat die teks deel van sy identiteit uitmaak, en daar is baie op die spel in die onderhandeling van gesag oor daardie identiteit. As "kulturele beleggers" vertrou die uitgewers op die redigeerder-posisie om 'n goeie belegging in "kulturele kapitaal" te identifiseer wat uiteindelik kan groei om 'n ekonomiese kapitaalopbrengs vir alle posisies te verseker.<ref>Bourdieu, Pierre.</ref>
 
Volgens die studies van James Curran het die sisteem van gedeelde waardes onder redigeerders in Brittanje druk op outeurs geplaas om te skryf om aan die redigeerders se verwagtings te voldoen. Die fokus word dus van die lesersgehoor weggeneem en die verhouding tussen outeurs en redigeerders en skryf as 'n sosiale handeling word onder spanning geplaas. Selfs boekresensies deur redigeerders is van groter belang as die leserskap se reaksie op die teks.<ref>Curran, James.</ref>
21 598

wysigings