Verskil tussen weergawes van "Brest"

4 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
Danksy die strategiese ligging aan die mees westelike punt van die Bretonse skiereiland, aan die ''Rade de Brest'', 'n uitgestrekte baai van die [[Atlantiese Oseaan]], en teen die monding van die Penfeldrivier, wat 'n natuurlike hawe skep, het Brest al eeue gelede tot 'n besige handels- en vloothawe ontwikkel. Dit is nog steeds die belangrikste basis van Frankryk se Atlantiese vloot.
 
== Besienswaardighede ==
 
Die geskiedenis en lewenstyl van Brest is so nou met die see verbind dat die stad aan homself die trotse bynaam "Métropole Océane" gegee het. Twee bekende instellings behandel die militêre skeepvaart en die fauna van die see, die Museum van die Franse Vloot (''Musée national de la Marine'') en die gewilde oseanografiese sentrum Océanopolis, wat die oseane van die polêre, gematigde en tropiese klimaatsones in 'n neutedop bevat. Naas meer as 10 000 diere spog die sentrum met sy meer as veertig [[akwarium]]s ook met outentieke besonderhede soos pakys en [[pikkewyn|pikkewyne]].
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.oceanopolis.com Die webwerf van die oseanografiese sentrum Océanopolis]
 
411 783

wysigings