Verskil tussen weergawes van "Diachroniese taalkunde"

Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
* om die geskiedenis ([[etimologie]]) van woorde te bestudeer.
== Geskiedenis en ontwikkeling ==
Die moderne diachroniese taalkunde dateer uit die laat [[18de eeu]] en het ontwikkel uit die vroeëre dissipline van [[filologie]], die studie van antieke tekste en dokumente, wat tot die oudheid teruggaan.
Aanvanklik was diachroniese taalkunde [[vergelykende taalkunde|vergelykend]] van aard en was dit hoofsaaklik gemoeid met die vasstelling van taalfamilies en die rekonstruksie van prehistoriese tale deur gebruik te maak van die [[vergelykende metode]] en [[interne rekonstruksie]]. Die fokus was op die welbekende [[Indo-Europese tale]], waarvan 'n baie uitgebreide opgetekende geskiedenis gehad het. Sedertdien is daar egter betekenisvolle werk gedoen op die gebied van die vergelykende taalkunde aan onder meer die [[Oeral-tale]], [[Austronesiese tale]] en etlike families van [[Amerikaanse Indiaan-tale]]. [[Vergelykende taalkunde]] is egter nou net 'n deel van 'n breër dissipline van diachroniese taalkunde. Vir die [[Indo-Europese tale]] is vergelykende studie nou 'n hoogs gespesialiseerde studieveld en die meeste navorsing word nou gedoen op die gebied van die latere ontwikkeling van hierdie tale, veral die ontwikkeling van die moderne standaardvorme.
 
== Evolusie tot ander studievelde ==
Aanvanklik was ''alle'' moderne taalkunde diachronies van aard - selfs die studie van moderne dialekte het behels dat die oorsprong daarvan ondersoek word. Maar [[Ferdinand de Saussure|Saussure]] het 'n onderskeid getref tussen [[sinchroniese taalkunde|sinchroniese]] and diachroniese taalkunde, wat grondliggend is aan die hedendaagse organisasie van die dissipline. Voorrang word gegee aan sinchroniese taalkunde, en diachroniese taalkunde word gedefinieer as die studie van opeenvolgende sinchroniese stadiums. Saussure se duidelike afbakening word egter nou as idealisties beskou. In die praktyk is 'n suiwer sinchroniese taalkunde nie moontlik vir enige periode voor die uitvinding van die [[grammofoon]] nie: geskrewe verslae weerspieël taalkundige ontwikkelinge nooit so vinnig soos spraak nie. Dit is in elk geval ook moeilik om dit akkuraat te dateer voor die ontwikkling van die moderne [[titelblad]]. Daarbenewens het die werk wat [[sosiolinguistiek|sosiolinguiste]] op die gebied van taalkundige variasie gedoen het, getoon dat sinchroniese stadiums nie eenvormig is nie: die spraakgewoontes van ouer en jonger sprekers verskil op maniere wat 'n aanduiding gee van taalverandering. Sinchroniese variasie is taalverandering wat besig is om plaas te vind.
Die bevindinge van die diachroniese taalkunde word dikwels gebruik as die grondslag vir hipoteses oor die groeperings en bewegings van volke, veral in die prehistoriese tyd. Daar word egter nou erken dat dit problematies is om taal aan [[etniese identiteit]] te koppel, eweneens om taalgeskiedenis met [[argeologie|argeologiese]] of [[genetika|genetiese]] bewyse in verband te probeer bring.
== Sien ook ==
*[[Vergelykende taalkunde]]
*[[Vergelykende metode]]
*[[Prototaal]]
 
== Bibliografie ==
* [[August Schleicher]]: ''Compendium der vergleichenden Grammatik der indogermanischen Sprachen.'' (Kurzer Abriss der indogermanischen Ursprache, des Altindischen, Altiranischen, Altgriechischen, Altitalischen, Altkeltischen, Altslawischen, Litauischen und Altdeutschen.) (2 vols.) Weimar, H. Boehlau (1861/62); herdruk deur Minerva GmbH, Wissenschaftlicher Verlag, ISBN 3-8102-1071-4
*[[Karl Brugmann]], [[Berthold Delbrück]], ''[[Grundriss der vergleichenden Grammatik der indogermanischen Sprachen]]'' (1886-1916).
398 501

wysigings